Tuia | |
---|---|
Koninginmoeder van Egipte | |
Koninginmoeder Tuia.
| |
Gebore | Thebe |
Oorlede | Omstreeks 1257 v.C., Thebe |
Begrawe | QV80, Vallei van die Koninginne, Thebe |
Gade | Seti I |
Dinastie | 19de Dinastie van Egipte |
Vader | Raia |
Tuia (soms gespel Tui)[1][2] was die vrou van farao Seti I van die 19de Dinastie van Egipte en die moeder van prinses Tia en Ramses II.
| ||||||
Tuia in hiërogliewe |
---|
Sy was die dogter van Raia, 'n luitenant in die strydwakorps.[3] Sy word die meeste kere genoem tydens die bewind van haar seun, Ramses II, en dit is dus onseker of sy tydens haar man se bewind die titel Groot Koningsvrou gehad het.[4] Tog kon sy, as die ma van die koning se enigste seun, wel Seti se hoofkoningin geword het.
As moeder van Ramses II het Tuia die bevoorregte bestaan van 'n koninginmoeder gevoer. Ramses het 'n monumentale struktuur in sy dodetempel, die Ramesseum, aan sy ma opgedra,[5] en ook 'n mooi nuwe grafkelder vir haar laat oprig in 'n deel van die Vallei van die Koninginne wat hy ontwikkel het vir die begrafnisse van die vroue in sy familie.[6]
Ná die vredesverdrag tussen Egipte en die Hetiete in Jaar 21 van Ramses II se bewind (1259 v.C. volgens die "Lae Chronologie") het Tuia briewe van gelukwensing aan die Hetitiese koning en sy vrou gestuur.[7] Dit lyk egter of sy dood was ten tye van die inhuldiging van Ramses II se tempel by Aboe Simbel in Jaar 24 (1256 v.C.).[8]