Tulpe blom in die lente en groei van bolle. Na gelang van die spesie, kan hulle tussen 10 en 71 cm hoog wees. Die groot blomme groei aan ’n bloeistingel met blare in ’n rosetvorm by die basis en ’n enkele bloeisteel wat tussen die blare uitgroei. Die stingels het min blare. Plante het gewoonlik twee tot ses blare, terwyl sommige spesies tot 12 kan hê. Die blare het ’n wasagtige laag en is dikwels blougroen.
Die meeste tulpplante het net een blom per stingel, maar ’n paar spesies het meer as een. Die gewoonlik kelk- of stervormige blom het drie kroonblare en drie kelkblare, wat dikwels blomdekblare genoem word omdat hulle feitlik identies is. Hierdie ses blomdekblare is dikwels donkerder gekleur aan die binnekant naby die basis. Die blomme kan talle kleure wees, behalwe suiwer blou (verskeie tulpe wat "blou" in die naam het, het ’n effens perserige skakering).[3][4]
Die blomme het ses afsonderlike meeldrade met helmdrade wat korter as die blomdekblare is. Elke stempel het drie afsonderlike lobbe, en die vrugbeginsel is bostandig met drie kamers. Die vrug is ’n ellipsoïdale kapsel (saaddoos) met ’n leeragtige bedekking. Elke kapsel bevat verskeie plat sade in twee rye.[5]
Die gestreepte blomme wat deur ’n virus veroorsaak word.
Botrytis tulipae is ’n swamsiekte wat tulpe aantas en die plant eindelik laat vrot.[6] Verskeie ander swamsiektes kan ook voorkom.
Blomme met veeragtig gestreepte kleure wat voorheen gewild was, word veroorsaak deur ’n mosaïekvirus wat deur ’n plantluis oorgedra word. Hoewel dit die blomme mooi laat lyk, verswak dit ook die plant. Sulke plante moet vernietig word. Vandag is dié virus feitlik uitgewis. Moderne veelkleurige blomme is die gevolg van doelbewuste verbastering en het soliede strepe, nie veeragtige kleure nie.
Div. 12: Kaufmanniana – Waterlelie-tulp. Mediumgroot roomgeel blomme met rooi merke buite en geel in die middel. Plante 15 cm hoog.
Div. 13: Fosteriana
Div. 14: Greigii – Pers blomme 15 cm breed, stingels 25 cm lank. Blare het bruin merke.[9]
Div. 15: Wilde spesies
Div. 16: Veelblommig – nie ’n amptelike divisie nie; dié tulpe behoort tot die ander 15 divisies, maar word dikwels apart gelys omdat hulle meer as een blom per bol het.
Hulle kan ook geklassifiseer word volgens hul blomtyd:[10]
Vroegseisoen: enkel-vroeg, dubbel-vroeg, Greigii, Kaufmanniana, Fosteriana, wilde spesies
Middelsiesoen: Darwin-hibried, Triomf, Papegaai
Laatseisoen: enkel-laat, dubbel-laat, Viridiflora, lelieblommig, fraiingrig, Rembrandt
↑ 1,01,1Christenhusz, Maarten J.M.; Govaerts, Rafaël; David, John C.; Hall, Tony; Borland, Katherine; Roberts, Penelope S.; Tuomisto, Anne; Buerki, Sven; Chase, Mark W.; Fay, Michael F. (2013). "Tiptoe through the tulips – cultural history, molecular phylogenetics and classification of Tulipa (Liliaceae)". Botanical Journal of the Linnean Society. 172 (3): 280–328. doi:10.1111/boj.12061.
↑Tenenbaum, Frances, red. (2003). Taylor's Encyclopedia of Garden Plants. Houghton Mifflin. p. 395. ISBN0-618-22644-3.
↑Flora of North America Editorial Committee. 2002. Flora of North America. North of Mexico Vol. 26, orchidales. New York: Oxford University Press. Page 199
↑A. Leon Reyes, T.P. Prins, J.-P. van Empel, J. M. van Tuyl ISHS Acta Horticulturae 673: IX International Symposium on Flower Bulbs. Differences in Epicuticular Wax Layer in Tulip Can Influence Resistance to Botrytis Tulipae
↑Brickell, Christopher, and Judith D. Zuk. 1997. The American Horticultural Society A–Z encyclopedia of garden plants. New York, N.Y.: DK Pub. ISBN 0-7894-1943-2 page 1028.
↑"Tulips". The Plant Expert. 15 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2010. Besoek op 14 Maart 2012.
↑The Western Garden Book (Third ed.). Menlo Park, CA: Lane Magazine & Book Company. Junie 1972. pp. 448.