Turbowaaiermotor

'n Turbowaaier: A. Eerste as (laedrukgedeelte) B. Tweede as (hoogdrukgedeelte) C. Statiese komponente 1. Inlaatmeganisme 2. Waaier 3. Laedrukkompressor 4. Hoëdrukkompressor 5. Verbrandingskamer 6. Hoëdrukturbine 7. Laedrukturbine 8. Kern spuitpunte 9. Uitgangspuitstuk
Turbowaaier van 'n Boeing 747
Beginselskets van 'n turbowaaiermotor

'n Turbowaaier is 'n vliegtuigmotor geskik vir gemiddelde snelhede. 'n Turbowaaier is 'n relatief stil straalmotor met 'n hoë rendement.

Aangesien 'n skroefmotor 'n beter vliegtuigmotor is by lae snelhede en 'n straalmotor beter is by hoë snelhede, is die logiese oplossing dat vir gemiddelde snelhede 'n soort kruising van die twee tipes die beste sal wees. Dit kruising is die turbowaaier motortipe. Turbowaaiers is 'n soort straalmotor waarby die kompressor in die motor sodanig vergroot is dat hy 'n soort skroef in 'n ring geword het, en die lug sowel deur, as langs die verbrandingskamer verbyvloei.

'n Turbowaaier bestaan dus eintlik uit twee buise in mekaar. Die binnenste buis is in beginsel 'n straalmotor, en die buitenste buis gedra ditself as 'n buis met 'n skroef binne-in. Dit buitenste buis word ook die omloopbaan genoem.

In die praktyk blyk dié motor tipe die beste te wees vir snelhede van 400 tot 1000 km/h. Daarmee is dié motortipe verreweg die mees gewilde vliegtuigmotor vir passasierstralers.

Omloopverhouding

[wysig | wysig bron]

Die omloopverhouding is die verhouding tussen die hoeveelheid lug wat deur die "verbypad" stroom in vergelyking met die hoeveelheid lug wat deur die verbrandingskamer stroom. As 'n turbowaaier 'n omloopverhouding van 5 het, beteken dit dat vir elke kilogram lug wat deur die verbrandingskamer stroom, daar 5 kilogram lug deur die verbypad stroom. Vegvliegtuie het dikwels motors met 'n omloopverhouding van minder as 1, maar die motors van die meeste moderne verkeersvliegtuie het omloopverhoudings van 5 of meer.

Turbowaaiers werk taamlik stil, veral as hulle 'n hoë omloopverhouding het. Die vuurwarm lug wat uit 'n straalmotor kom maak baie lawaai. In 'n turbowaaier word die warm lugstraal omhels deur 'n straal koue lug uit die omloop en die resultaat is 'n baie laer geraasvlak.