Turkmene

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turkmeens.
Turkmene



Totale bevolking: ca. 9 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Turkmenistan Turkmenistan ~4,2 miljoen[1]

Vlag van Iran Iran 1,3 miljoen[2]
Vlag van Afghanistan Afghanistan 200 000[3]
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 152 000[4]
Vlag van Pakistan Pakistan 110 000[5]
Vlag van Rusland Rusland 46 885
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 15 171
Vlag van Oekraïne Oekraïne 7 709[6]

Taal: Turkmeens
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs en Turke

Die Turkmene (Turkmeense enkelvoud: Türkmen, Түркмен; meervoud: Türkmenler, Түркменлер, [tʏɾkmɛnˈlɛɾ]) vorm naas die Oesbeke en die Kasakke die derde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Turkmenistan, waar hulle sowat 85,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Turkmeens, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Etniese kaart van Sentraal-Asië
'n Turkmeen in Turkmenistan geklee in tradisionele klere, deur Prokoedin-Gorski omtrent 1910[7][8][9]

Naas Turkmene leef nog klein minderhede soos Oesbeke (5,8%), Russe (5,1%) en Kasakke (0,4%) in Turkmenistan. Turkmeense minderhede leef in lande soos Iran (1,3 miljoen), Afghanistan (200 000), Oesbekistan (152 000) en Pakistan (110 000).

Die Turkmene van Sentraal-Asië moenie verwar word nie met die Turkmene van die Midde-Ooste in Irak, Sirië en Turkye wat meer verwant aan Turke is en tydens die Ottomaanse tydperk daar gevestig het.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Turkmenistan". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Maart 2015.
  2. (en) "Iran". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2015.
  3. (en) "Ethnic Groups". Library of Congress Country Studies. 1997. Besoek op 8 Oktober 2010. ^ Jump up to: a b
  4. (en) Alisher Ilhamov (2002). Ethnic Atlas of Uzbekistan. Open Society Institute: Tashkent.
  5. (en) http://www.unhcr.org/cgi-bin/texis/vtx/home/opendoc.pdf?tbl=SUBSITES&page=SUBSITES&id=434fdc702
  6. (en) "About number and composition population of Ukraine by data All-Ukrainian census of the population 2001". Ukraine Census 2001. State Statistics Committee of Ukraine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 17 Januarie 2012.
  7. (en) "Turkmen Camel Driver by Sergei Mikhailovich Prokudin-Gorskii". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 18 Maart 2015.
  8. (en) "Turkmen Man Posing with Camel Loaded with Sacks, Probably of Grain or Cotton, Central Asia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2015.
  9. (en) Prokudin-Gorskii. "Prokudin-Gorsky, other". Šechtl & Voseček. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 18 Maart 2015.
  10. (en) Larry Clark. Turkmen Reference Grammar. Otto Harrassowitz Verlag, 1998; bl. 11. ISBN 9783447040198

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]