Tydbestuur is die daad of proses van die beplanning en beheer uitoefen oor die hoeveelheid tyd wat op spesifieke aktiwiteite bestee word, veral om doeltreffendheid, bedrewenheid of produktiwiteit te verhoog.
Dit is 'n meta-aktiwiteit met die doel om die algemene voordele van 'n reeks aktiwiteite binne die spektrum van 'n beperkte hoeveelheid tyd te maksimaliseer.
Tydbestuur kan ondersteun word deur 'n verskeidenheid vaardighede, hulpmiddels en tegnieke wat gebruik word om tyd te bestuur wanneer bepaalde take, projekte en doelwitte uitgevoer word wat moet voldoen aan 'n gestelde datum. Aanvanklik het tydbestuur net betrekking gehad op sake- of werksaktiwiteite, maar mettertyd het die term wyer geword om ook persoonlike aktiwiteite in te sluit. 'n Tydbestuurstelsel is 'n ontwerpte kombinasie van prosesse, hulpmiddels, tegnieke en metodes. Tydbestuur is gewoonlik 'n noodsaaklikheid in enige projekontwikkeling aangesien dit die projek se omvang en wanneer dit voltooi sal wees bepaal.
Die hooftemas wat voortspruit uit die boeke oor tydbestuur sluit die volgende in:
Tydbestuur word beskou as 'n ondergroep van verskillende konsepte soos:
Organisatoriese tydbestuur is die wetenskap om vermorste tyd in organisasies te identifiseer, beoordeel en te verminder. Organisatoriese tydbestuur identifiseer, doen verslag oor en bepaal die finansiële waardes van volhoubare tyd, vermorste tyd en produktiewe tyd binne 'n organisasie en ontwikkel 'n sakemodel om vermorste tyd in produktiewe tyd te omskep deur die finansiering van produkte, dienste of inisiatiewe teen 'n positiewe opbrengs op belegging.
'n Tegniek wat al lank in sakebestuur gebruik word, is die kategorisering van groot stukke data in groepe. Hierdie groepe word dikwels A, B en C gemerk – vandaar die naam. Aktiwiteite word volgens hierdie algemene maatstawwe in volgorde geplaas:
Elke groep word dan volgens prioriteit gerangskik. Om die prioretisering nog verder te verfyn, verkies party mense om alle B-items as óf A óf B te rangskik. ABC-ontledings kan meer as drie groepe bevat.[2]
ABC-ontledings word dikwels saam met Pareto-ontledings gebruik.[verwysing benodig]
Dit is die beginsel dat 80% van take in 20% van die tyd afgehandel kan word. Die oorblywende 20% van die take sal 80% van die tyd opneem/ Hierdie beginsel word gebruik om take in twee dele te verdeel. Volgens die Pareto-ontleding word aanbeveel dat take wat in die eerste kategorie val 'n hoër prioriteit moet kry.
Die 80-20-reël kan ook gebruik word om produktiwiteit te verhoog: Die veronderstelling is dat 80% van die produktiwiteit verkry kan word deur 20% van die take te doen. Net so kan 80% van die resultate toegeskryf word aan 20% van die aktiwiteite.[3] As produktiwiteit die doel is van tydbestuur, sal hierdie take 'n hoër prioriteit moet kry.[4]
Dit hang af van die metode wat gebruik word om die taak af te handel. Daar is altyd 'n eenvoudiger en makliker manier om die taak af te handel. As mens 'n ingewikkelde manier gebruik, sal dit tydrowend wees. 'n Mens moet dus altyd na alternatiewe maniere soek om 'n taak af te handel.
Die Eisenhower-metode kom van 'n aanhaling van Dwight D. Eisenhower: "Ek het twee soorte probleme: die wat dringend is en die wat belangrik is. Die wat dringend is, is nie belangrik nie, en die wat belangrik is, is nooit dringend nie."[5][6]
Deur die Eisenhower-besluitbeginsel te gebruik word take geëvalueer deur die maatstawwe belangrik/nie belangrik en dringend/nie dringend te gebruik,[7][8] en dit dan te plaas in die kwadrante in 'n Eisenhower-vierkant.[9] Take word dan as volg benader:
Take in die
Die VSA-president Dwight D. Eisenhower het glo dié metode gebruik.[10]
Dit is 'n meta-aktiwiteit met die doel om die algemene voordele van 'n reeks aktiwiteite binne spektrum van 'n beperkte hoeveelheid tyd te maksimaliseer.
Dit is die beginsel dat daar aksies is waarin jy een keer belê en wat mettertyd op verskillende maniere vrugte dra. Deur 'n boek te skryf is so 'n daad, omdat dit een keer die moeite verg, en sodra jy klaar is, hou dit aan om aan jou voordele te gee.[11]
POSEC is 'n akroniem vir Prioritize by Organizing, Streamlining, Economizing and Contributing. (Prioritiseer deur te organiseer, vereenvoudig, verminder en by te dra) Die metode benadruk die gemiddelde individu se onmiddellike gevoel van emosionele en finansiële sekuriteit. Dit gee te kenne dat deur eers aandag te gee aan jou eie verantwoordelikhede, is 'n individu in staat om kollektiewe verantwoordelikhede te aanvaar.
Gepaardgaande met die akroniem is 'n hiërargie van selfverwesenliking, wat Abraham Maslow se hiërargie van behoeftes weerspieël:
Wanneer een van die dinge op 'n taaklys afgehandel is, word dit afgemerk of 'n streep daardeur getrek.
Tydbestuurstrategieë beveel dikwels die stel van persoonlike doelwitte aan. Boeke benadruk temas soos:
Hierdie doelwitte word neergeskryf en kan afgebreek word in 'n projek, 'n plan van aksie, of 'n eenvoudige taaklys. Vir individuele take of vir doelwitte kan belangrikheidtellings gegee word, spertye kan bepaal word en prioriteite opgestel word. Hierdie proses lei tot 'n plan met 'n taaklys of 'n skedule of kalender met bedrywighede. Skrywers beveel 'n daaglikse, weeklikse, maandelikse of ander beplanningstydperk aan wat afhang van die omvang van die beplanning. DIt word op verskillende maniere gedoen:
Die hooftemas wat voortspruit uit die boeke oor tydbestuur sluit die volgende in:
Tydlyste word gebruik in selfbestuur, kruidenierslyste, sakebestuur, projekbestuur en sagterwareontwikkeling. Dit kan meer as een lys behels.[12]
Die skrywer Julie Morgenstern beveel die volgende aan:[13][verwysing benodig]
Tydbestuur behels ook om take te verwyder wat nie waarde toevoeg aan die individu of die organisasie nie.
Volgens Sandberg[15] is taaklyste "nie die sleutel tot produktiwiteit soos wat almal dink nie". Hy beweer nagenoeg "30% van lysmakers bestee meer tyd om hul lyste by te hou as om dit te doen wat op hulle is".
Hendrickson sê[16] om streng te hou by taaklyste kan " 'n tirannie van die om-te-doen-lys" skep wat jou dwing om "tyd te mors op onbelangrike aktiwiteite".