In die geskiedenis van die Europese kunsmusiek, verwys die term tydperk van Westerse klassieke harmonie na die tydperk tussen die skepping en die ontbinding van die tonale stelsel. Hoewel daar geen presiese datums vir hierdie verskynsel is nie, het die meeste kenmerke van die tydperk van klassieke harmonie volgehou van die middel- tot laat-Baroktydperk, deur die klassieke en romantiese tydperke heen, of min of meer van 1650 tot 1900. Terwyl sekere heersende patrone en konvensies kenmerkend van die musiek van hierdie tydperk is, het die tydperk ook aansienlike stilistiese evolusie getoon. Sommige konvensies het gedurende hierdie tydperk ontwikkel wat selde op ander tye gebruik is gedurende wat nog steeds "klassieke harmonie" genoem kan word (byvoorbeeld, sonatevorm). Die datums 1650–1900 is dus noodwendig vae en arbitrêre grense wat afhanklik is van die konteks. Die belangrikste verenigende funksie deur hierdie tydperk behels 'n harmoniese taal waarop moderne musiekteoretici Romeinsesyferontleding kan toepas.
Musiek uit hierdie tydperk voldoen aan twee norme: ten eerste, dit vertoon funksionele tonale harmonie, wat harmoniese verhoudings impliseer soos 'n tonika, dominant, en predominant (sien Romeinsesyferontleding). Ten tweede, harmoniese beweging berus op, en is tot 'n mate as gevolg van, die interafhanklikheid van gelyktydige melodiese lyne, 'n stelsel wat bekend staan as kontrapunt. Musiek uit hierdie tydperk gehoorsaam tipies spesifieke kontrapuntale norme, soos die vermyding van parallelle vyfdes en oktawe.
'n Mens kan musiek met klassieke harmonie teenoor die vroeëre modale musiek en latere atonale musiek stel. Musiek uit die tydperk van Westerse klassieke harmonie kan ook gekontrasteer word met die twintigste eeu se gewilde style, soos rock en jazz; terwyl hierdie latere style baie elemente van die tonale woordeskat (soos majeur- en mineurakkoorde) inkorporeer. Die funksie van hierdie elemente is nie noodwendig gewortel in die klassieke modelle van kontrapunt en harmoniese funksie nie.
Die harmoniese taal van hierdie tydperk staan bekend as die "klassieke harmoniese tonaliteit," of soms die "tonale stelsel" (hoewel of tonaliteit die idioom van klassieke harmonie impliseer, 'n vraag is waaroor gedebatteer kan word). Klassieke harmonie verteenwoordig 'n vereniging van harmoniese funksie en kontrapunt. Met ander woorde, individuele melodiese lyne, wanneer dit saam geneem word, gee uitdrukking aan harmoniese eenheid en doelgeoriënteerde vordering word. In tonale musiek, funksioneer elke noot in die diatoniese toonleer volgens sy verhouding tot die tonika (die grondnoot van die toonleer). Terwyl diatoniek die grondslag van die tonale stelsel vorm, kan die stelsel aansienlike chromatiese verandering weerstaan sonder die verlies van sy tonale identiteit.
Deur die tydperk van klassieke harmonie bestaan sekere harmoniese patrone ongeag style, komponiste, streke, en tydvakke. Johann Sebastian Bach en Richard Strauss skryf byvoorbeeld albei passasies wat ontleed kan word volgens die progressie I-II-V-I, ondanks groot verskille in styl en konteks. Sulke harmoniese konvensies kan herlei word tot die bekende akkoordprogressies waarvolgens moderne teoretici tonale musiek ontleed.
Verskeie gewilde idiome van die twintigste eeu breek die gestandaardiseerde akkoordprogressies van die tydperk van klassieke harmonie af. Byvoorbeeld, in klassieke harmonie is dit onwaarskynlik dat 'n majeurdrieklank gebou op die vyfde trap van die toonleer (V) direk na 'n grondposisiedrieklank gebou op die vierde trap van die toonleer (IV) sal beweeg, maar die omgekeerde van hierdie progressie (IV–V) is redelik algemeen. In teenstelling daarmee is die V–IV-progressie heeltemal aanvaarbaar volgens baie ander standaarde; byvoorbeeld, hierdie oorgang is noodsaaklik vir die laaste reël van die "shuffle"-bluesprogressie (V–IV–I–I), wat die standaardeinde vir die bluesprogressie geword het ten koste van die oorspronklike laaste reël (V–V–I–I) (Tanner & Gerow 1984, 37).
Koördinasie van die verskillende dele van 'n stuk musiek deur middel van 'n eksterne metrum is 'n diepgewortelde aspek van musiek met klassieke harmonie. Ritmies sluit musiek met klassieke harmonie oor die algemeen die volgende metriese strukture in (Winold 1975, hoofstuk 3):
Tydduurpatrone sluit tipies die volgende in Winold 1975, hoofstuk 3):
Patrone van toonhoogte en tydduur is van primêre belang in melodie in klassieke harmonie, terwyl toonkwaliteit van sekondêre belang is. Tydduur herhaal en is dikwels periodiek; toonhoogtes is oor die algemeen diatonies (Kliewer 1975, hoofstuk 4).