In die teorie van relatiwiteit is tydsrekking of tydsvertraging of tydsdrywing (Engels: "time dilation" of "clock drift") die werklike verskil van tydsverloop tussen twee gebeure soos gemeet deur waarnemers wat óf relatief tot mekaar beweeg óf in verskillende swaartekragmassas geleë is.
Om tydsrekking te help verduidelik, het Stephen Hawking dit in sy boek A Brief History of Time gedemonstreer met 'n sterrekundige op aarde en 'n ruimtereisiger wat in 'n swartkolk inval (LW, die gravitasiekrag in 'n swartkolk is baie sterk, dus verloop tyd baie stadig) (vry vertaal):
Russell Humphreys[1] het die volgende bygevoeg uit die ruimtereisiger se perspektief:[2]
Skeppingsleerders soos Russell Humphreys en John Hartnett[3] gebruik hierdie beginsel om te verklaar hoe mens sterre kan sien wat miljoene ligjare ver is indien die heelal slegs ongeveer 6000 aarde-jare oud is.[4]
Tydsrekking is bevestig met atoomhorlosies: atoomhorlosies by die Nasionale Buro van standaarde in Boulder, Colora, 1655 m bo seevlak,[5] loop ongeveer 5 mikrosekondes vinniger as die atoomhorlosies by die Koninklike Sterrewag in Greenwich in Engeland by seevlak.[6]
Vandag word die beginsel van tydsrekking gebruik in GPS satelliete. Omdat 'n GPS satelliet in 'n laer gravitasieveld is as die oppervlak van die aarde, verloop tyd vinniger op 'n GPS satelliet. GPS'e moet daarvoor kompenseer, anders sal 'n GPS se akkuraatheid dryf (al hoe minder akkuraat word).