Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die USS Cushing was 'n Mahanklas torpedojaer van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die skip het 1 500 ton water verplaas en was aangedryf deur twee turbines wat gesamentlik 42 800 dryfasperdekrag gelewer het en wat elk 'n skroef aangedryf het. Sy was toegerus met vier 5-duim kanonne en twaalf 21-duim torpedobuise. Hy is gekelder deur die Japannese Keiserlike Vloot naby Guadalcanal op 13 November 1942.