United Parcel Service, Inc. | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1907 in Seattle, Washington |
Hoofkantoor | Sandy Springs, Georgia, Verenigde State |
Sleutelpersone | David Abney (voorsitter en hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Koerier |
Produkte | Koerier Express dienste Ekspedisie dienste Logistiese dienste |
Inkomste | VS$ 54,1 miljard[1] (2012)[2] |
Bedryfsinkomste | VS$ 1,343 miljard (2012)[2] |
Netto inkomste | VS$ 807 miljoen (2012)[2] |
Werknemers | 397 100 (2012)[1] |
Dogter- maatskappye | The UPS Store UPS Supply Chain Solutions UPS Capital UPS Airlines UPS Express Critical UPS Freight UPS Logistics UPS Mail Innovations UPS Professional Solutions |
Webwerf | ups.com |
United Parcel Service of North America, Inc., gewoonlik na verwys en gemerk as UPS (gestileer as ups), is die grootste verskepings- en logistieke maatskappy in die wêreld. Die Amerikaanse globale pakketversendingsmaatskappy het sy hoofkwartier in Sandy Springs, Georgia, wat deel is van die Groter Atlanta metropolitaanse gebied. UPS lewer meer as 15 miljoen pakkette per dag af aan meer as 6,1 miljoen kliënte in meer as 220 lande en gebiede in die wêreld.[3][4][5]
UPS is bekend vir sy bruin afleweringsvragmotors en personeeluniforms, vandaar die maatskappy se bynaam "Brown". UPS bedryf ook UPS Airlines, sy eie lugredery en lugvragdiens, (IATA-kode: 5X, ICAO: UPS, roepsein: UPS) gebaseer in Louisville, Kentucky, VSA.