Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Vaasplant | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. fasciata
|
Binomiale naam | |
Aechmea fasciata (Lindl.) Baker 1879
|
Die vaasplant of Aechmea fasciata is ’n soort blomplant in die pynappelfamilie Bromeliaceae en is endemies aan Brasilië. Dié plant is seker die bekendste voorbeeld van die genus en word dikwels as ’n huisplant geplant.
Die vaasplant groei stadig en word 30-90 cm hoog en 60 cm breed. Dit het ovaalvormige blare van 45-90 cm lank wat in ’n rosetpatroon gerangskik is.[1] In die middel van die roset is die bloeias, waaraan die werklike blomme gedra word, gewoonlik in die somer.[2]
A. fasciata het gedeeltelike skadu en goed gedreineerde maar waterhoudende grond nodig, en dit moet taamlik nat gehou word. Dit kan ook as ’n lugplant gegroei word, byvoorbeeld met mos om die wortels en vasgemaak aan ’n growwe stuk bas. Uitloopsels kan uitgeplant word nadat die oorspronklike plant dood is.
Wortelskimmel kan ’n probleem wees as die grond te nat is.[1] Plantluise en muskiete broei soms in die water wat tussen die blare vasgevang is.[1]
A. fasciata word in die FDA se Giftige Plantdatabasis aangegee as irriterend vir die vel en kan ’n allergie veroorsaak.[3]
|
|
|