Vaisheshika (Sanskrit: वैशेषिक) is een van die ses groot ortodokse skole van Hindoeïsme. In sy vroeë stadiums was dit ’n onafhanklike filosofie met sy eie metafisika, logika en etiek.[1] Mettertyd het dit egter nader aan die Nyaya-skool beweeg, maar het sy eie epistemologie en metafisika behou.
Die ander vyf ortodokse skole is Samkhya, Nyaya, Mimamsa, Vedanta en Yoga.