Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Valentina Lisitsa | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 25 Maart 1973 Kiëf, Sowjetunie |
Genres | klassiek |
Beroep(e) | Klassieke pianis |
Instrumente | Klavier |
Jare aktief | 1977-tans |
Webwerf | valentinalisitsa |
Valentina Lisitsa (Oekraïens: Валентина Євгенівна Лисиця, Russies: Валентина Евгеньевна Лисица, Walentina Ewgenjewna Lisitsa; gebore 25 Maart 1973) is 'n Oekraïens-Amerikaanse[1] pianis. Sy het in Noord-Carolina gewoon voordat sy na Kanada en toe na Frankryk verhuis het.[2][3]
Lisitsa is een van die pianiste wat die meeste op YouTube besigtig word – veral wat betref haar interpretasies van die virtuoos-werke van komponiste uit die Romantiese Era, insluitende Franz Liszt, Frédéric Chopin en Sergei Rachmaninoff.[4][5] Sy het haar loopbaan op onafhanklike wyse begin op sosiale media sonder 'n toerpromotor of platemaatskappy.[4][5]
Lisitsa is in 1973 in Kijif, Oekraïne, gebore. Haar ma, ook Walentina, is 'n naaldwerkster en haar pa, Ewgeni, was 'n ingenieur.[4] Haar ouer broer, Eugene, is in 2009 oorlede.[6][4]
Sy het op driejarige ouderdom die klavier begin bespeel, en het reeds op die ouderdom van vier jaar haar eerste solo-uitvoering gelewer.[7] Sy is van Russies en Poolse afkoms.[8]
Ten spyte van haar vroeë aanleg vir musiek het sy op 'n tydstip die ambisie gehad om 'n professionele skaakspeler te word.[9] Lisitsa het die Lisenko-musiekskool bygewoon, en later ook die Kijifse Konservatorium,[10] waar sy en haar toekomstige huweliksmaat, Alexei Kuznetsoff, onder dr. Ljoedmilla Tswjerko studeer het.[11] Toe Lisitsa Kuznetsoff ontmoet, het sy musiek ernstiger begin opneem.[12] In 1991 het hulle die eerste prys gewen op die Murray Dranoff-klavierkompetisie in Miami, Florida.[10][13] Dieselfde jaar het hulle na die Verenigde State verhuis ter wille van hul loopbaan as konsertpianiste.[4] In 1992 het die paartjie getrou.[4] Hul New Yorkse buiging het in 1995 op die Mostly Mozart Festival by die Lincoln-sentrum plaasgevind.[11]
Lisitsa het in 2007 haar eerste video op YouTube geplaas. Haar stel Chopin-etudes het die nommereenposisie op Amazon se lys van klassieke musiekvideos gehaal, en die gewildste aanlyn versameling Chopin-etudes op YouTube geword.[4][14]
Ten einde haar loopbaan te bevorder het Lisitsa en haar man in 2010 hulle spaargeld bestee aan 'n opname van Racmaninoff se concertos saam met die Londense Simfonieorkes.[4] In die lente van 2012, net voor haar debuut by die Royal Albert Hall, het Lisitsa 'n kontrak met Decca Records aangegaan, wat later haar CD van Rachmaninoff se werke uitgereik het.[4] Teen die middel van 2012 was daar byna 50 miljoen besigtigings van haar video's op YouTube.[5]
Lisitsa het op verskeie plekke dwarsoor die wêreld opgetree, insluitende Carnegie Hall, die David Geffen-saal, die Benaroya-saal, die Musikverein en die Royal Albert Hall. Sy is bekend vir haar aanlyn uitvoerings en oefensessies op stroommedia. Sy het ook tydens verskeie uitvoerings saamgewerk met die violis Hilary Hahn.[10]
Lisitsa het reeds ses CD's vir Audiofon Records opgeneem, insluitende drie solo CD's en twee CD's bestaande uit duette saam met haar man, Alexei Kuznetsoff; asook 'n Goue CD vir die CiscoMusic plate-etiket saam met die tjellis DeRosa; 'n duetuitvoering op die VAI plate-etiket saam met die violis Ida Haendel; en DVD's van Frédéric Chopin se 24 Études en Schubert-Liszt se Schwanengesang.[15]
Haar opname van die vier sonates vir viool en klavier deur die komponis Charles Ives saam met Hilary Hahn is in Oktober 2011 op die Deutsche Grammophon plate-etiket uitgereik. Haar CD Valentina Lisitsa Live at the Royal Albert Hall (gebaseer op haar debuutuitvoering by dié venue op 19 Junie 2012) is op 2 Julie 2012 uitgereik.
{{cite news}}
: Onbekende parameter |network=
geïgnoreer (hulp)
Wikiquote het aanhalings in verband met Valentina Lisitsa |