Die valiha is ’n buisagtige musiekinstrument van Madagaskar soortgelyk aan ’n siter. Dit word van ’n spesie plaaslike bamboes gemaak en beskou as die land se "nasionale instrument".[1] Die term word ook gebruik vir ’n paar verwante instrumente van verskillende vorms en materiale.[2]
Benewens ontspanningsmusiek word die valiha ook gebruik vir rituele musiek om geeste op te roep.[3]
Die valiha het gwoonlik 21-24 snare. Dit is histories van repe van die bamboes gemaak, maar deesdae word fietsremkabels gebruik, hoewel ernstige spelers ook kitaar- of klaviersnare sal gebruik.[4]
’n Ander instrument, die marovany, is soortgelyk, maar boksagtig eerder as buisvormig en word van hout of plaatmetaal gemaak.[4]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)