Vallei van die Konings

Vallei van die Konings
Die ligging van die Vallei van die Konings in die Thebaanse Heuwels wes van die Nyl (Oktober 1988).
Die ligging van die Vallei van die Konings in die Thebaanse Heuwels wes van die Nyl (Oktober 1988).
Koördinate 25°44′27″N 32°36′8″O / 25.74083°N 32.60222°O / 25.74083; 32.60222
Plaaslike naam  Wādī al Mulūk, وادي الملوك
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodeakker
Geskiedenis
Gestig 16de eeu v.C.
Tydperk 18de tot 20ste Dinastie
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 87
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Antieke Thebe met sy nekropolis
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Vallei van die Konings (Arabies: وادي الملوك, Wādī al Mulūk) is ’n vallei in Egipte waar grafkelders in die 16de tot 11de eeu v.C. byna 500 jaar lank gebou is vir farao's en ander adellikes van die Nuwe Ryk (die 18de tot 20ste Dinastie van Antieke Egipte).[1][2] Die vallei is aan die westeroewer van die Nylrivier geleë, oorkant Thebe (die moderne Luxor), in die hart van die Thebaanse Dodeakker.[3] Die wadi bestaan uit twee valleie, die Oostelike Vallei (waar die meeste koninklike grafkelders is) en die Westelike Vallei.

Sedert die ontdekking in 2005 van ’n nuwe grafkelder (KV63) en in 2008 van nog twee grafkelderingange,[4] huisves die vallei 65 bekende grafkelders wat in grootte wissel van KV54, ’n eenvoudige put, tot KV5, ’n komplekse kelder met meer as 120 grafkamers.[5] Die koninklike grafkelders is versier met tonele uit die Egiptiese mitologie en gee aanduidings van die geloof en begrafnisrituele van die tydperk. Dit lyk of al die kelders in antieke tye al geopen en beroof is, maar dit gee steeds ’n blik op die weelde en mag van die farao's.

Groot argeologiese en Egiptologiese uitgrawings vind sedert die einde van die 18de eeu hier plaas en dit is ’n bron van voortdurende belangstelling en navorsing. In die moderne tyd het die vallei beroemd geraak met die ontdekking van Toetankamen se grafkelder met sy gerugte van die vloek van die farao's.[6] Dit is een van die bekendste argeologiese terreine in die wêreld en in 1979 het dit ’n Unesco-wêrelderfenisterrein geword saam met die res van die Thebaanse dodeakker.[7]

Uitgrawings en die bewaring van artefakte duur voort en ’n nuwe toeristesentrum is onlangs geopen.

Geologie

[wysig | wysig bron]

Die soorte grond in die vallei wissel van digte kalksteen en ander afsettingsgesteente wat die kranse van die vallei en die nabygeleë Deir el-Bahri vorm, tot sagte lae kleigrond. Die afsettingsgesteente het tussen 35 miljoen en 56 miljoen jaar gelede gevorm. Gedurende die Pleistoseen is die vallei deur bestendige reën uitgekalwe.[8] Daar is tans min reën dwarsdeur die jaar in hierdie deel van Egipte, maar soms is daar oorstromings wat ook die vallei raak en tonne grond in die oop grafte stort.[9]

Omdat die soorte grond wissel en onbestendig is, bemoeilik dit uitgrawings. Van die rotse sit ook uit in water en dit dwing die gesteente daaromheen uitmekaar. Daar word geglo sommige grafkelders se vorm en grootte het mettertyd verander, na gelang van die soorte rots waarin dit gebou is.[8]

’n Panorama van die vallei, in ’n noordelike rigting.
’n Panorama van die vallei, in ’n noordelike rigting.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die piek al-Qurn oorheers die vallei.

Die Thebaanse Heuwels word oorheers deur die piek van al-Qurn, wat die Antieke Egiptenare ta dehent, of "Die Piek", genoem het.[10] Dit het ’n piramide-agtige voorkoms en dit is moontlik dat dit die vorm van die piramides uit die Ou Ryk beïnvloed het, meer as duisend jaar voordat die eerste grafkelders in die vallei gegrawe is.[11][12]

Hoewel die piramides van die Giza-plato kenmerkend van Antieke Egipte geword het, is die meeste grafkelders in rotse uitgekap. Die meeste piramides en mastabas bevat dele wat in die grond uitgegrawe is en daar is grafkelders wat ten volle in die gesteende uitgekap is wat uit die Ou Ryk dateer.[13]

Ná die oorwinning oor die Hyksos en die hereniging van Egipte onder Ahmoses I, het die Thebaanse heersers van die 18de Dinastie uitgebreide grafkelders laat bou om hul nuutgevonde mag te weerspieël.[14] Ahmoses self se grafkelder is waarskynlik elders (dit is nog nie ontdek nie). Die eerste koninklike grafte in die vallei was dié van Amenhotep I (hoewel die identifikasie betwis word)[15] en Toetmoses I.[10]

Die vallei is van omstreeks 1539 tot 1075 v.C. vir begrafnisse gebruik en bevat minstens 65 grafkelders, tot by dié van Ramses X of Ramses XI, hoewel niekoninklikie begrafnisse daarna steeds hier plaasgevind het.[16]

Ondanks die naam Vallei van die Konings is talle adellikes en die vroue en kinders van sowel farao's as adellikes ook hier begrawe. Net sowat 20 van die grafkelders was vir konings.[17] Omstreeks die tyd van Ramses I (omstreeks 1301 v.C.) is die bou van grafkelders voortgesit in die aparte Vallei van die Koninginne.[18]

Koninklike dodeakker

[wysig | wysig bron]

Die amptelike naam van die dodeakker in die tyd van Antieke Egipte was "Die Groot en Majestueuse Nekropolis van die Miljoene Jare van die Farao's, die Lewe, Krag en Gesondheid in die Weste van Thebe", of meer algemeen Ta-sechet-maät (die "Groot Veld").[19] Die naam in hiërogliewe is:[19]

G41G1Aa1
D21
O1O29
Y1
A50sZ4
Y1
G7N35C11Z2
N35
M4M4M4t
Z2
N35
O29
O1 O1
G7S34U28sD2
Z1
R14t
t
N23 Z1
N35
R19t
O49
G7

Aan die begin van die 18de Dinastie is net die farao's in groot grafkelders in die vallei begrawe; ander adellikes is in klein kamers begrawe, naby die grafkelders van hul meester.[20] Amenhotep III se grafkelder is in die Westelike Vallei gebou, maar sy seun Achenaten het sy grafkelder in Amarna laat bou. Ná die terugkeer na die tradisionele Egiptiese godsdiens aan die einde van die 18de Dinastie het Toetankamen, Ai en Horemheb teruggekeer na die bou van grafkelders in die koninklike dodeakker.[21]

Tydens die 19de en die 20ste Dinastie was daar ’n toename in bouwerk in die vallei, asook in die Vallei van die Koninginne. Ramses II het ’n enorme graftombe laat bou en Ramses III het een laat bou vir sy seuns.[22][23] Sommige konings van dié tyd is nie hier begrawe nie of hul grafkelders is nog nie ontdek nie: Toetmoses II is dalk by Dra' Aboe el-Naga' begrawe en Smenchkare se grafkelder is nog nie opgespoor nie. Ramses VIII is waarskynlik ook elders begrawe.

Tydens die Ou Ryk is die grafkelder van die farao's verbind met ’n dodetempel wat ’n ent verder weg geleë was.[10] Tydens feeste is hierdie tempels besoek; die interessantste van dié geleenthede was die "Mooi Fees van die Vallei" wanneer die heilige bote van Amoen-Ra, sy vrou, Moet, en sy seun, Chonsoe, uit die tempel van Karnak gebring is om die dodetempels van afgestorwe konings op die westeroewer en hul altare in die Thebaanse Dodeakker te besoek.[24]

Grafrowers

[wysig | wysig bron]

Feitlik al die grafkelders is geplunder.[25] Verskeie geskrifte is ontdek wat die verhoor van sulke rowers beskryf, hoofsaaklik uit die 20ste Dinastie

Die vallei is ook amptelik verniel tydens die burgeroorlog wat tydens Ramses XI se bewind begin het. Die grafte is oopgemaak, al die waardevolle artikels verwyder en die mummies is uitgehaal en in twee groot kiste geplaas. Die een in die grafkelder van Amenhotep II het sestien mummies bevat en die ander is in Amenhotep I se grafkelder versteek. ’n Paar jaar later is die meeste van hulle na Deir el-Bahri geskuif, waar sowat 50 mummies en hul kiste ontdek is.[26]

Verkenning van die vallei

[wysig | wysig bron]
1820: Belzoni se Vallei van die Konings.
1830: John Gardner Wilkinson se nommering van die grafte, wat vandag nog gebruik word.
Die ingang van 'n koninklike graf. Dit is in 1821 geteken.

Die Vallei van die Konings is die afgelope twee eeue 'n gewilde terrein onder Egiptoloë. Voorheen was dit 'n toerismeattraksie in antieke tye (veral in die tyd van antieke Rome).[16] Die gebied toon die veranderings in die studie van antieke Egipte, van antieke jagtogte tot wetenskaplike uitgrawings van die hele nekropolis van Thebe. Ondanks al die uitgrawings is net 11 van die grafte noukeurig beskryf.

Baie grafte bevat graffiti wat deur antieke toeriste geskryf is. Jules Baillet het meer as 2 100 gevalle van Griekse en Latynse graffiti aangeteken, asook 'n kleiner getal in Fenisies, Sipries, Kopties en ander tale.[16] Die meeste, amper duisend, is in graf KV9 ontdek. Die vroegte wat definitief gedateer is, kom uit 278 v.C.[27]

In 1799 het lede van Napoleon se ekspedisie na Egipte (veral Vivant Denon) kaarte en planne van die grafte geteken. Hulle het vir die eerste keer die Westelike Vallei opgemerk (waar Prosper Jollois en Édouard de Villiers du Terrage die graf ontdek het van Amenhotep III, graf WV22).[28] Description de l'Égypte bevat twee volumes (van altesaam 24) oor die gebied om Thebe.[29]

Europese verkenners het die gebied in die 19de eeu bly verken. Vroeg in die eeu het Giovanni Belzoni, wat vir die Egiptoloog Henry Salt gewerk het, die gebied besoek. Hy het verskeie grafte ontdek, insluitende dié van Ai in die Westelike Valli (WV23) in 1816 en van Seti I (KV17) die volgende jaar. Aan die einde van sy besoeke het Belzoni verklaar al die grafte is opgespoor en niks noemenswaardigs sal nog gekry word nie. Iemand wat terselfdertyd daar gewerk het, was Bernardino Drovetti, die Franse konsul-generaal en 'n groot mededinger van Belzoni en Salt.[30]

John Gardner Wilkinson, wat van 1821 tot 1832 in Egipte gewoon het, het baie van die inskripsies en kunswerk in die grafte wat toe oop was, gekopieer. Die ontsyfering van hiërogliewe, hoewel dit nog nie in sy tyd in die vallei voltooi was nie, het hom in staat gestel om 'n chronologie van die leiers van die Nuwe Ryk op te stel, gebaseer op inskripsies in die grafkelders. Hy het ook die stelsel van grafnommering begin wat met sekere aanpassings vandag nog gebruik word.[31]

In die tweede helfte van die eeu was daar 'n groter gesamentlike poging om die antiekhede te bewaar, eerder as om dit te versamel. Auguste Mariette se Egiptiese Antiekdiens het die vallei begin verken, eers saam met Eugène Lefébure in 1883,[32] toe Jules Baillet en Georges Bénédite vroeg in 1888 en eindelik Victor Loret in 1898 tot 1899. Loret het nog 16 grafte by die lys gevoeg en het verskeie verken wat reeds ontdek was.[33] In dié tyd het Georges Daressy graf KV9 verken.[34]

Die ingang na Horemheb se graf, kort ná die ontdekking daarvan in 1908.

Nadat Gaston Maspero heraangestel is as hoof van die Egiptiese Antiekdiens, het die aard van die verkenning van die vallei weer verander. Maspero het die Engelse argeoloog Howard Carter as hoofinspekteur van Bo-Egipte aangestel, en die jong man het verskeie nuwe grafkelders ontdek en verskeie ander verken.[35]

Omstreeks die begin van die 20ste eeu het die Amerikaanse verkenner Theodore M. Davis die uitgrawingspermit vir die vallei gehad. Sy span, veral onder Edward R. Ayrton, het verskeie koninklike en niekoninklike grafkelders ontdek (insluitende KV43, KV46 en KV57). In 1907 het hulle die opgaarplek van mummies uit die Amarnatydperk in graf KV55 ontdek. Nadat hulle goedere ontdek het wat hulle geglo het al is wat van die begrafnis van Toetankamen oor was (voorwerpe wat in KV54 en KV58 gekry is), is aangekondig die vallei is ten volle verken en dat geen verdere grafte ontdek sal word nie. Davis se publikasie van 1912, The Tombs of Harmhabi and Touatânkhamanou, het afgesluit met die opmerking: "Ek is bevrees die Vallei van die Konings is nou uitgeput."[36]

Ná Davis se dood vroeg in 1915 het lord Carnarvon die konsessie bekom om uitgrawings in die vallei te doen, en hy het Howard Carter in diens geneem om dit te verken. Ná 'n stelselmatige soektog het hulle die eintlike graf van Toetankamen (KV62) in November 1922 ontdek.[37]

Verskeie ekspedisie het steeds die vallei verken en dit het tot 'n groter kennis van die gebied gelei. In 2001 het die Thebe-kaartprojek nuwe tekens vir die krafkelders ontwerp. Dit het inligting en planne van die oop grafkelders verskaf.[38]

Grafontwikkeling

[wysig | wysig bron]

Ligging

[wysig | wysig bron]

Die oudste grafkelders kom voor in kranse aan berghange, onder stormwatervalle (KV34 en KV43).[10] Toe dié plekke vol was, is grafte laer af gebou tot op die valleibodem, en toe weer hoër op toe die valleibodem vol afvalmateriaal geraak het. Dit verduidelik die ligging van KV62 en KV63 in die valleibodem.

Argitektuur

[wysig | wysig bron]

Die algemene plan van die grafkelders het bestaan uit 'n lang gang wat uit die rots gekap is; dit het daarna deur een of meer sale geloop (wat moontlik die pad van die ondergaande son tot in die onderwêreld gesimboliseer het)[39] tot in die grafkamer. In die ouer grafkelders het die gange minstens een keer teen 90 grade gedraai (soos in graf KV43, die graf van Toetmoses IV), en die oudstes se grafkamers was in die vorm van 'n cartouche (soos KV43, die graf van Toetmoses IV).[40] Ná die begrafnis moes die boonste gange met rommel gevul en die ingang na die grafkelder weggesteek word.[41]

Ná die Amarnatydperk het die uitleg meer reguit geword, eers met 'n buiging in die middel (die graf van Horemheb, KV57, is tipies hiervan) en daarna met 'n reguit as, soos die grafkelders van die 19de en 20ste dinastie (Ramses III en Ramses IX se grafte, KV11 en KV6).[42] Namate die asse reguit geword het, het die hellings ook afgeneem. In die laat 20ste Dinastie was daar feitlik geen hellings nie.[43] Nog 'n algemene verskynsel is die "put", wat aanvanklik dalk bedoel was om vloedwater weg te hou uit die laer dele van die grafkelders. Dit lyk of hulle later 'n "magiese" doel ontwikkel het en simbolies was.[40] In latere grafkelders van die 20ste Dinastie is die putte self nie gebou nie, maar die putkamers was steeds daar.[40][44]

Versiering

[wysig | wysig bron]
Detail van die versiering van graf KV2.
'n Pilaar in Seti I se grafkelder.

Die meeste van die koninklike grafkelders is met godsdienstige tekste en beelde versier. Die oudste kelders het tonele uit die Amdoeat ("Dit Wat in die Hiernamaals Is") bevat, wat die reis van die songod deur die 12 uur van die nag beskryf. Van Horemheb se tyd af is grafkelders versier met die Boek van Poorte, wat wys hoe die songod deur die 12 poorte van die nag reis en die grafeienaar se veilige reis deur die nag verseker.[45] Die ouer kelders was nie baie versier nie en dié van niekoninklikes glad nie.

Laat in die 19de Dinastie is die Boek van Grotte, wat die onderwêreld in enorme grotte verdeel, gevul met gode asook afgestorwenes wat wag dat die son deurbeweeg en hulle weer lewend maak, in die boonste dele van die grafkelders geplaas. 'n Volledige weergawe is ontdek in die grafkelder van Ramses VI.[45] In Ramses III se grafkelder was die Boek van die Aarde, waarin die onderwêreld in vier dele verdeel word; die klimaks is wanneer Noe die sonskyf uit die aarde trek.[46]

Die plafonne van die grafkelders is van Seti I se tyd af versier met wat later die Boek van die Hemele genoem is. Dit beskryf weer eens die son se reis deur die 12 uur van die nag. Van dieselfde tyd af het die Klaaglied van Re, 'n lang gesang aan die songod, begin verskyn.[45]

Toerusting

[wysig | wysig bron]

Elke begrafnis is vergesel van toerusting wat 'n gerieflike bestaan in die hiernamaals sou verseker. Ook in die grafkelders was voorwerpe wat gebruik is in magiese rituele, soos begrafnisbeeldjies. Sommige van die voorwerpe is deur die koning in sy leeftyd gebruik, terwyl ander spesiaal vir die begrafnis gemaak is.[47]

Grafnommers

[wysig | wysig bron]

Die moderne afkorting "KV" staan vir Kings' Valley, en die grafte is genommer in die volgorde waarin hulle "ontdek" is, van Ramses VII (KV1) tot by KV63, wat in 2005 ontdek is, hoewel baie grafte reeds sedert antieke tye oop is, en KV5 is eers in die 1990's herontdek (nadat vorige verkenners dit as onbelangrik afgemaak het).[48] Die grafte in die Westelike Vallei begin met die afkorting "WV", maar volg dieselfde nommeringstelsel. Van die grafte is leeg, die eienaars van ander is onbekend en daar is ook putte wat as bergplek gebruik is.[49]

Die meeste van die grafte is in die Oostelike Vallei, en die meeste toerismegeriewe word ook hier aangetref.

18de Dinastie

[wysig | wysig bron]
Die tipiese ontwerp van 'n grafkelder uit die vroeë 18de Dinastie met 'n as wat teen 90 grade buig.

Die versiering, styl en ligging van grafkelders in die 18de Dinastie verskil ietwat van mekaar. Dit lyk of daar aanvanklik geen vaste plan was nie. KV20, die graf van Hatsjepsoet, het 'n unieke vorm; dit draai en verander van rigting oor die 200 meter van die ingang af, sodat die grafkamer 97 meter onder die grondoppervlak is. Die grafkelders het mettertyd algemener geraak, en dié van Toetmoses III en IV, KV34 en KV43, is goeie voorbeelde van grafkelders uit dié dinastie; albei het gebuigde asse en eenvoudige versierings.[50]

Die indrukwekkendste graf uit dié tydperk is waarskynlik dié van Amenhotep III, WV22, in die Westelike Vallei.[51] Dit is in die 1990's herondersoek deur 'n Japannese universiteitspan, maar is nie oop vir die publiek nie.[52]

In dié tyd is ook begin om magtige en invloedryke adellikes saam met die koningsgesinne te begrawe; die beroemdste hiervan is die gesamentlike grafkelder van Joeja en Toeja, KV46. Hulle was waarskynlik die ouers van koningin Tije. Tot met die ontdekking van Toetankamen se graf, was dit die bes bewaarde graf wat in die vallei ontdek is.[53]

'n Tipiese ontwerp met 'n knik in die as ná die Amarnatydperk.

Amarnatydperk

[wysig | wysig bron]

Met die terugkeer van begrafnisse na Thebe ná die Amarnatydperk was daar 'n merkbare verandering in die ontwerp van grafkelders. Die as met 'n knik het geleidelik plek gemaak vir die reguit as van die latere dinastieë.

Die ander grafte uit die Amarnatydperk is in 'n kleiner, sentrale gebied in die Oostelike Vallei geleë, wat waarskynlik gedien het as 'n opgaarplek vir mummies (KV55). Dit bevat die mummies van baie koninklikes uit die Amarnatydperk: onder andere Smenchkare of Achenaten.[54]

Daarnaby is die grafkelder van Toetankamen – seker die beroemdste vonds van die moderne Westerse argeologie. Dit is op 4 November 1922 deur Howard Carter gevind. Dit was die eerste graf wat ontdek is wat nog redelik ongeskonde was, hoewel rowers wel ingebreek het. Tot met die uitgrawing van graf KV63 op 10 Maart 2005[55] is dit beskou as die laaste groot ontdekking in die vallei. Hoewel sy grafkelder met skatte gevul was, was hy 'n redelik onbelangrike farao en ander grafte het dalk meer skatte bevat

19de Dinastie

[wysig | wysig bron]
Die tipiese reguit as van die 19de en 20ste Dinastie.

In die 19de Dinastie is die ontwerp en versiering van grafkelders verder gestandaardiseer. Die grafkelder van die eerste farao van die dinastie, Ramses I, is vinnig voltooi weens sy onverwagte dood en was eenvoudig. KV16 is egter ryklik versier en bevat steeds die koning se sarkofaag. Vanweë sy sentrale ligging is dit een van die grafte wat die meeste besoek word. Dit toon die ontwikkeling van die ingang en gang en van die versiering.[56]

Die graf van sy seun en opvolger, Seti I (KV17), ook bekend as "Belzoni se grafkelder", word algemeen beskou as die mooiste graf in die vallei. Dit het baie reliëfwerk en skilderings. Toe Belzoni dit in 1817 ontdek, het hy daarna verwys as 'n "gelukkige dag".[57]

Seti se seun Ramses II (Ramses die Grote) het 'n enorme grafkelder (KV7) laat bou, maar dit is in 'n vervalle toestand. 'n Frans-Egiptiese span doen tans uitgrawings en bewaringswerk.[58][59] Dit is groot, amper net so lank soos sy pa s'n, maar met 'n groter oppervlakte.

Merneptah se steensarkofaag in KV8.

Net oorkant syne het Ramses terselfdertyd die voorheen kleiner grafkelder van 'n onbekende adellike (KV5) uit die 18de Dinastie vir sy talle seuns laat vergroot. Dit het 120 bekende kamers, maar uitgrawings word steeds gedoen. Dit is die grootste grafkelder in die vallei. Dit is in antieke tye beroof en is 'n laaggeleë struktuur wat deur vloedwaters beskadig is. Tonne afval en materiaal is deur die eeu ingespoel, en dit het eindelik die enorme grootte verberg. Dit is nie op die oomblik vir die publiek oop nie.[60]

Ramses II se seun en eindelike opvolger, Merneptah, se grafkelder (KV8) is steeds sedert antieke tye oop; dit is 160 meter lank en eindig in 'n grafkamer wat eens vier sarkofae bevat het, die een binne die ander.[61] Dit is goed versier en is meestal vir die publiek oop.[62]

20ste Dinastie

[wysig | wysig bron]
Die eerste (boonste) grafkamer in die grafkelder van Twosret en Setnachte (KV14); teen die verste muur is tonele uit die Boek van Grotte.[63]

Die eerste heerser van die dinastie, Setnachte, het vir hom twee grafkelders laat bou. Hy het die eindelik grafkelder van sy seun Ramses III laat bou, maar dit onderbreek toe dit per ongeluk in 'n ander grafkelder uitloop. Hy het toe die grafkelder van 'n vroulike farao van die 19de Dinastie, Twosret (KV14), oorgeneem en laat voltooi. Dié grafkelder het dus twee grafkamers en is meer as 150 meter lank. Dit is een van die grootste grafkelders in die vallei.[64]

Die gang wat afloop na die grafkelder van Ramses III (KV11).

Die grafkelder van Ramses III (KV11) is een van die grootstes in die vallei en is oop vir die publiek. Sy sentrale ligging en lieflike versiering maak dit een van die grafkelders wat die meeste deur toeriste besoek word.[65]

Die opvolgers en nakomelinge van Ramses III het grafkelders met reguit asse laat bou. Hulle versiering stem baie ooreen. Merkwaardig onder hulle is KV2, die grafkelder van Ramses IV, wat sedert antieke tye oop is en baie Hiëratiese graffiti bevat. Dit is grootliks ongeskonde en versier met verskeie godsdienstige tekste.[66] Die gesamentlike grafkelder van Ramses V en Ramses VI (KV9) is versier met baie reliëfgraverings, wat tonele uit godsdienstekste voorstel. Dit is sedert antieke tye oop en bevat meer as duisend voorbeelde van graffiti in antieke Grieks, Latyn en Kopties.[67]

Die grafkamer van Ramses IX in KV6.

Die grafkelder van Ramses IX (KV6) is oop sedert antieke tye, soos gesien kan word aan die graffiti wat deur Romeinse en Koptiese besoekers teen die mure gelos is.[48] Dit loop 105 meter ver in die berghang in en bevat groot sykamers wat nie voltooi of versier is nie. Die haastige en onvoltooide aard van die grafkelder dui daarop dat dit nie voltooi was toe Ramses dood is nie.[68]

Verval van die nekropolis

[wysig | wysig bron]

Teen die einde van die Nuwe Ryk het Egipte 'n lang tydperk van politieke en ekonomiese verval betree. Die priesters van Thebe het magtiger geword en effektiewelik Bo-Egipte beheer, terwyl die farao's van Tanis af oor Benede-Egipte geheers het. Pogings om van die grafkelders oop te maak is van die begin van die 21ste Dinastie aangewend, en die hoëpriester van Amoen, Pinedjem I, het sy cartouche in graf KV4 aangebring.[69] Die vallei is kwaai geplunder, en die priesters van Amoen het die meeste grafkelders oopgemaak en die mummies na drie grafkelders verskuif om hulle beter te beskerm. Die meeste skatte is uit die kelders verwyder. Die meeste mummies is hierna na een opgaarplek naby Deir el-Bahari verskuif (bekend as TT320).[70][71] Hulle is in 'n warboel daar gevind; baie mummies is in mekaar se kiste geplaas en verskeie was ongeïdentifiseer. Ander mummies is na graf KV35 van Amenhotep II verskuif, waar meer as 'n dosyn mummies later ontdek is.[72]

In die Derde Oorgangstydperk en later is ander mense in baie van die grafkelders begrawe, en sommige kelders is in Koptiese tye as kerke, stalle en selfs woonhuise gebruik.[10]

Toerisme

[wysig | wysig bron]

Die meeste van die grafkelders is toe vir toeriste (18 is soms oop, maar selde op dieselfde tyd). Hulle word ook soms gesluit vir restourasiewerk.[73] Die Westelike Vallei het net een grafkelder (Ai s'n) wat besoek kan word en aparte toegangsgeld word daarvoor gevra.[38][74]

Toerleiers mag nie meer lesings in die grafkelders hou nie en besoekers moet stil en in enkelgelid daardeur beweeg. Dit is sodat besoekers minder tyd in die kelders deurbring en om te voorkom dat hulle die oppervlak van die versierings beskadig. Geen foto's mag binne geneem word nie.[75]

In 1997 is 58 toeriste en vier Egiptenare by die nabygeleë Deir el-Bahri deur Islamitiese miltante afgemaai. Dit het gelei tot ’n afname in besoekergetalle in die gebied.[76]

Op die meeste dae van die week besoek gemiddeld 4 000 tot 5 000 besoekers die hoofvallei. Soms styg dit tot sowat 9 000. Dit sal na verwagting teen 2015 tot 25 000 toeneem.[77]

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Maspero (1913), p.182
  2. "Theban Mapping Project". Theban Mapping Project. Besoek op 4 Desember 2006.
  3. Siliotti (1997), p.13
  4. Zahi Hawass. "Spotlight Interview: 2008" (in Engels). The Plateau: Amptelike webtuiste van dr. Zahi Hawass. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2019. Besoek op 15 Augustus 2008.
  5. "Valley of the Kings". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2008. Besoek op 9 Augustus 2008.
  6. "Egypt's "King Tut Curse" Caused by Tomb Toxins?" (in Engels). National Geographic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2017. Besoek op 8 Desember 2006.
  7. "Ancient Thebes and its necropolis". UNESCO Work Heritage Sites. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2020. Besoek op 4 Desember 2006.
  8. 8,0 8,1 "Geography and Geology of the Valley". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2012. Besoek op 4 Desember 2006.
  9. Sampsell (2003), p.78
  10. 10,0 10,1 10,2 10,3 10,4 "Historical Development of the Valley of the Kings in the New Kingdom". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2012. Besoek op 13 Desember 2006.
  11. Dodson (1991), pp.5-7
  12. Reeves en Wilkinson (1996), p.17
  13. "Historical Development of Royal Cemeteries outside Thebes and inside Thebes (Early Dynastic-Second Intermediate Period)". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2008. Besoek op 8 Augustus 2008.
  14. Baines and Malik (2000), p.99
  15. Reeves and Wilkinson (1996), p.89
  16. 16,0 16,1 16,2 "History of the Valley of the Kings (Third Intermediate Period-Byzantine Period)". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2008. Besoek op 7 Augustus 2008.
  17. Siliotti (1996), p.29
  18. Siliotti (1996), p.70
  19. 19,0 19,1 Siliotti (1997), pp.12-13
  20. Weigall, Arthur (1910). A Guide to the Antiquities of Upper Egypt. London: Mentheun & Co. ISBN 1-4253-3806-2.
  21. "Development of Tombs, Part I". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2008. Besoek op 8 Augustus 2008.
  22. "KV 5 History". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2008. Besoek op 7 Augustus 2008.
  23. "KV 3 (Son of Rameses III)". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2012. Besoek op 7 Augustus 2008.
  24. Strudwick and Strudwick (1999) p.78
  25. "Valley of the Kings, finds in the Petrie Museum". Digital Egypt (in Engels). UCL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2013. Besoek op 4 Desember 2006.
  26. Weigall (1910), p.191
  27. Reeves and Wilkinson (1996), p. 51
  28. Siliotti (1997), p.16
  29. "Description de l'Égypte – text of the 2nd edition". Bibliotheque nationale de France (in Frans). Gallica. Besoek op 4 Desember 2006.
  30. "Bernardino Drovetti". Travellers In Egypt. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2006. Besoek op 4 Desember 2006.
  31. Reeves and Wilkinson (1996), pp. 61, 66
  32. "Project Amenmesse Homepage". Amenmesse Project. Besoek op 4 Desember 2006.
  33. Reeves and Wilkinson (1996) p.69
  34. "KV 9 (Rameses V and Rameses VI)". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op 7 Augustus 2008.
  35. Reeves and Wilkinson (1996) p. 71
  36. Davis (2001) p. 37
  37. Reeves and Wilkinson (1996) p. 81
  38. 38,0 38,1 "Valley of the Kings" (in Engels). Egypt and the Nile. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019. Besoek op 7 Augustus 2008.
  39. Strudwick and Strudwick (1999), p.117
  40. 40,0 40,1 40,2 Reeves and Wilkinson (1996) p.25
  41. Strudwick and Strudwick (1999), p.98
  42. Reeves and Wilkinson (1996), p.25
  43. Rossi (2001), p.75
  44. "KV-10 tomb diagram". Amenmesse Project. Besoek op 19 Augustus 2008.
  45. 45,0 45,1 45,2 Reeves and Wilkinson (1996) p.37
  46. Reeves and Wilkinson (1996) p.160
  47. Reeves and Wilkinson (1996) p.43
  48. 48,0 48,1 Weigall (1910), p.198
  49. Donald P. Ryan (1995). "Further Observations Concerning the Valley of the Kings". Valley of the Sun Kings: New Explorations in the Tombs of the Pharaohs. Pacific Lutheran University. Besoek op 4 Desember 2006.
  50. Reeves and Wilkinson (1996) p.105
  51. El-Aref, Nevine (11 Februarie 2004). "Sleuthing in a royal tomb" (676). Al-Ahram Weekly Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2012. Besoek op 4 Desember 2006. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  52. "Interim Report on the Re-Clearance at the Royal Tomb of Amenophis III". Research in Egypt 1966-1991. Institute of Egyptology at Waseda University. 1991. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2017. Besoek op 4 Desember 2006.
  53. Reeves and Wilkinson (1996) p.174
  54. Davis (2001), p.XV
  55. "Egypt offers first look at newly discovered tomb: First such discovery in Valley of the Kings since Tutankhamun's in 1922". NBC News. 10 Februarie 2006. Besoek op 4 Desember 2006.
  56. Reeves and Wilkinson (1996) p.134
  57. Reeves and Wilkinson (1996) p.137
  58. Christian Leblanc. "The Tomb of Ramesses II and Remains of His Funerary Treasure". Le Ramesseum: Temple de Millions d'Années de Ramsès II à Thèbes-Ouest. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2006. Besoek op 4 Desember 2006.
  59. "Recherches et travaux dans la tombe de Ramsès II: Aujourďhui". Recherches et Travaux Tombe Ramsès (in Frans). L'Institut d'Egyptologie Thébaine du Musée du Louvre. Besoek op 4 Desember 2006.
  60. "KV 5 Excavation". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2008. Besoek op 7 Augustus 2008.
  61. Weigall (1910), p.202
  62. Reeves and Wilkinson (1996) p.212
  63. Altenmüller, Hartwig (2001). "The Tomb of Tausert and Setnakht". In Weeks, Kent R. (red.). Valley of the Kings: The Tombs and Funerary Temples of Thebes West. VMB Publishers. pp. 222–231. ISBN 9788854009769.
  64. "KV 14 (Tausert and Setnakht)". Theban Mapping project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2007. Besoek op 7 Augustus 2008.
  65. Weigall (1910), p.206
  66. Weigall (1910), p.196
  67. "KV 9 (Rameses V and Rameses VI)". Theban Mapping project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2006. Besoek op 4 Desember 2006.
  68. Reeves and Wilkinson (1996) p.168
  69. Reeves and Wilkinson (1996), p.208
  70. "Cachette of the Royal Mummies, TT320". Russian Academy of Sciences – Network of the Centre for Egyptological Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2006. Besoek op 5 Desember 2006.
  71. "The Finding of the Pharaohs". TravellersInEgypt.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2006. Besoek op 4 Desember 2006.
  72. Weigall (1910), p.221
  73. "KV Condition Surveys" (PDF). Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Oktober 2008. Besoek op 9 Augustus 2008.
  74. "Visitor Management in KV" (PDF). Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Oktober 2008. Besoek op 9 Augustus 2008.
  75. Ambros (2001), p.181
  76. "Tourists massacred at temple" (in Engels). BBC News. 17 November 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2019. Besoek op 4 Desember 2006.
  77. "The Valley Today". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2006. Besoek op 4 Desember 2006.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Ambros, Eva (2001). Egypt: an up-to-date travel guide with 145 color photos and 21 maps. Hunter Publishing. ISBN 3-88618-140-5.
  • Baines, John; Jaromir Malik (2000). Cultural Atlas of Ancient Egypt. New York: Facts on file. ISBN 0-8160-4036-2.
  • Baillet, Jules (1920–1926). Inscriptions grecques et latines des tombeaux des rois ou Syringes à Thèbes. Cairo: Institut Français d'Archéologie Orientale du Caire, Mémoires publiés par les membres.
  • M. L. Bierbrier (1993). The Tomb-Builders of the Pharaohs. Cairo: American Univ in Cairo Press. ISBN 977-424-210-6.
  • Cross, Stephen W. (1993). "The Hydrology of the Valley of the Kings". JEA. 94: 303–310.
  • Davis, Theodore M. (2001). The Tomb of Siphtah with The Tomb of Queen Tiyi. London: Gerald Duckworth & Co Ltd. ISBN 0-7156-3073-3.
  • Davis, Theodore M. (2001). The Tombs of Harmhabi and Touatânkhamanou. London: Duckworth Publishing. ISBN 0-7156-3072-5.
  • Dodson, Aidan (1991). Egyptian Rock-cut Tombs. Buckinghamshire: Shire Publications Ltd. ISBN 0-7478-0128-2.
  • El Mahdy, Christine (2001). Tutankhamen: The Life and Death of the Boy-King. St. Martin's Press. ISBN 0-312-28064-5.
  • Maspero, Gaston (1913). Manual of Egyptian Archaeology, Sixth English Edition. H. Grevel and Co. ISBN 1-4219-4169-4.
  • Reeves, Nicholas (1990). Valley of the Kings: The Decline of a Royal Necropolis. Keegan Paul. ISBN 0-7103-0368-8.
  • Reeves, Nicholas; Richard H. Wilkinson (1996). The Complete Valley of the Kings. Thames and Hudson. ISBN 0-500-05080-5. – Details of all the major tombs, their discovery, art and architecture
  • Romer, John (1981). Valley of the Kings. Henry Holt. ISBN 0-8050-0993-0. – Covers the history of the exploration of the Valley in chronological order
  • Rossi, Corinna (2001). "Dimensions and Slope in the Nineteenth and Twentieth Dynasty Royal Tombs". The Journal of Egyptian Archaeology. The Egyptian Exploration Society. 87: 73–80. doi:10.2307/3822372. ISSN 0307-5133. JSTOR 3822372.
  • Sampsell, Bonnie M. (2003). A Traveler's Guide to the Geology of Egypt. Cairo: American University Press. ISBN 977-424-785-X.
  • Siliotti, Alberto (1997). Guide to the Valley of the Kings. Barnes and Noble. ISBN 88-8095-496-2. – A good introduction to the valley and surroundings
  • Strudwick, Nigel; Helen Strudwick (1999). Thebes in Egypt. Cornell University. ISBN 0-8014-8616-5.
  • Weeks, Kent R.; De Luca (photographs), Araldo (2001). Valley of the Kings. Friedman/Fairfax. ISBN 88-8095-712-0. – Spectacular photography of the best tombs
  • Weeks, Kent R. (2000). KV 5: A Preliminary Report on the Excavation of the Tomb of the Sons of Ramesses II in the Valley of the Kings. Cairo: American University Press. ISBN 977-424-574-1.
  • Weigall, Arthur (1910). A Guide to the Antiquities of Upper Egypt. London: Mentheun & Co. ISBN 1-4253-3806-2.
  • Wilkinson, Richard H. (1994). Valley of the Sun Kings: New Explorations in the Tombs of the Pharaohs. Tucson: University of Arizona Egyptian Expedition. ISBN 0-9649958-0-8. – chapters by archaeologists working in the valley from an international conference on the Valley of the Kings
  • Wilkinson, Richard H. (1993). "The paths of Re: Symbolism in the royal tombs of Wadi Biban El Moluk". KMT. 4 (3).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]