Valsdoringrugrog | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. straeleni
|
Binomiale naam | |
Raja straeleni Poll, 1951
|
Die valsdoringrugrog (Raja straeleni) kom voor van Wes-Afrika tot by Oos-Londen in Suid-Afrika. Die volwasse vis is bruin tot grys en die hele lyf is bedek met swart spikkels van onreëlmatige grootte. Baie keer is daar 'n donker vlek wat soos oë lyk by die basis van die pektorale vinne.
Die rog word 68 cm wyd oor die vinne. Hulle word op sand en modderige bodems tot op dieptes van 690 m aangetref. Die vinne is eetbaar. In Engels staan die rog bekend as False thornback skate.