Vanwyksbossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Aizoon |
Spesie: | A. secundum
|
Binomiale naam | |
Aizoon secundum L.f., (1782)
| |
Sinonieme | |
Die vanwyksbossie of vanwyksbrakbossie (Aizoon secundum) is 'n struik uit die vygiefamilie wat inheems, maar nie endemies aan Suid-Afrika is nie, waar dit veral in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en die Vrystaat voorkom. Ook in Namibië, Botswana en Zimbabwe word dit aangetref.[1] In ander dele van die wêreld is dit 'n indringerplant, byvoorbeeld in Florida,[2] Israel, Spanje [3] en die suidooste van Australië[4]
Dit is 'n klein struikie of kruipplant met 'n stam wat 30-60 cm lank kan word. Dit het blare wat met wit haartjies bedek is.[5] Dit kan 'n digte mat op die grond vorm. Die blare is 1,5-2,2 cm lank en 0,7-0,9 cm breed. Die wit of geel blommetjies is nie opvallend nie.[6]
In Suid-Afrika kom die plant byvoorbeeld naby die Groot-Brak se monding voor, waar dit in die duine aan die ooskant van die monding saam met Trachyandra divaricata onderdeel van die heuweltjies se plantegroei is.[7]