Veewagter | ||||
Latynse naam | Boötes | |||
Genitief | Boötis | |||
Afkorting | Boo | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 15h | |||
Deklinasie | 30º | |||
Grootte | 907 vk. grade (13de) | |||
Kwadrant | NQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 7, 15 | |||
Helderste ster | Alpha Boötis (Arcturus) | |||
Naaste ster | Wolf 498 | |||
Sterre helderder as 3 m | 3 | |||
Sterre met planete | 9 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 59 | |||
Meteoorreëns | Januarie Bootiede, Junie-Bootiede, Quadrantiede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Jaghonde, Berenike se Hare, Noordelike Kroon, Draak, Hercules, Slang se Kop, Maagd, Groot Beer | ||||
|
Die Veewagter (Latyn: Boötes) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Die naam kom van die Grieks Βοώτης (veewagter of ploegman; letterlik "osdrywer"). Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Dit bevat die vierde helderste ster in die hemelruim, Arcturus.
Alpha Boötis (Arcturus) is die helderste ster in die Veewagter en die vierde helderste in die hemelruim.
NGC 5466 is ’n bolvormige sterreswerm wat met die meeste teleskope gesien kan word. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek. Die Boötes-leemte, ’n groot deel van die heelal waarin geen sterrestelsels voorkom nie, is in die gebied van die Veewagter geleë.