Venterstad | |
---|---|
![]() Die NG kerkgebou op Venterstad | |
Koördinate: 30°46′34″S 25°48′0″O / 30.77611°S 25.80000°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Walter Sisulu |
Stigting | 1875 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,1 km2 (7,0 vk. myl) |
Hoogte | 1 294 m (4 245 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 989 |
• Digtheid | 276/km2 (710/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 33.4% |
• Swart mense | 64.9% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 60.3% |
• Afrikaans | 34.6% |
• Sotho | 2.1% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 9788 |
Poskode (posbusse) | 9788 |
Skakelkode | 051-654- |
Venterstad is 'n dorp op die noordwestelike uithoek van die Oos-Kaap en is naby die Gariepdam geleë. Die dorp is genoem na Johannes Venter.
Die dorp is op 24 Februarie 1875 op die plaas van JJT Venter deur die Gereformeerde Kerk gestig en oorspronklik Ventersburg genoem. Die naam is gou verander om verwarring met Ventersburg in die Vrystaat te vermy, hoewel dit ná die Oos-Kaapse dorp gestig is. Die NG gemeente Venterstad is in 1882 van die NG gemeente Colesberg en die NG gemeente Burgersdorp afgestig nadat die Gereformeerde Kerk in 1878 40 erwe aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk geskenk het. Munisipale status is in 1895 toegeken; die Gereformeerde kerk Venterstad was toe steeds die enigste geregistreerde eienaar van die dorp. Beheer het eers in 1930 na die munisipaliteit oorgegaan.
Merinoboerdery is die hoofbedryf in die distrik van 2 100 km2. Die bou van die Gariepdam in die 1960's het 'n hupstoot aan die voorspoed van die dorp gegee. Die R58-provinsiale pad gaan deur die dorp.
Die inlaat van die Oranje-Visrivier-tonnel is sowat 8 km noord van die dorp by Oviston. Die Oviston-natuurreservaat is wes van die dorp. Paul Kruger is volgens oorlewering op die plaas Vaalbank, sowat 20 km noordoos van die dorp, gebore.[2]
![]() |
Gariepdam 45 km | Bethulie 46 km Oviston 8 km |
Aliwal-Noord 118 km | ![]() |
Norvalspont 43 km | ![]() |
Burgersdorp 65 km | ||
![]() ![]() | ||||
![]() | ||||
Colesberg 78 km | Steynsburg 66 km | Molteno 102 km |