Ventspils | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Letland |
Administratiewe gewes | Ventspils |
Stigting | 1378 |
Duitse Naam | Windau |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 55,4 vk km |
Hoogte bo seevlak | 10 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 43 088[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 777,8/vk km |
Tydsone | EET (UTC+2) |
- Somertyd | EET (UTC+3) |
Burgemeester (party) | Aivars Lembergs |
Amptelike webwerf | www.ventspils.lv |
Ventspils (IFA: [ventspi:ls], letterlik "Burg aan die Venta-rivier", Duitse naam: Windau) is 'n stad in die weste van Letland langs die Oossee met 'n oppervlakte van 55,4 vierkante kilometer en 'n bevolking van 43 088 mense (soos op 1 Januarie 2009). Die Ventarivier mond hier in die Oossee uit.
Ventspils is vandag veral 'n moderne nywerheidsentrum met een van Letland se beduidendste seehawens wat onder meer Russiese ru-olie en kalisout hanteer. Nogtans maak die gerestoureerde historiese stadskern en sy skoon strande van Ventspils ook 'n toeristebestemming.