Die eenkamer Vergadering van die Republiek (Portugees: Assembleia da República) is die primêre wetgewende liggaam van die land Mosambiek. Die wetgewer is in 1977 die lewe ingeroep.
Die huidige parlement het 250 lede wat direk deur 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging verkies word. Parlementslede dien 'n termyn van vyf jaar. Partye moet landwyd minstens vyf persent van die stemme kry om parlementêre verteenwoordiging te verower. Parlementêre debatte en sake word geheel en al in Portugees gevoer. Drie partye het setels in the parlement: FRELIMO, RENAMO en die Demokratiese Beweging van Mosambiek. Ná die verkiesing in 2014 het RENAMO-LP’s geweier om ingehuldig te word, aangesien die party van mening was dat die verkiesingswet bedrieglik is. Hulle het in Februarie 2015 hul pligte hervat.[1]
Persoon | Ampstermyn | Party |
---|---|---|
Marcelino dos Santos | 1977–1994 | FRELIMO |
Eduardo Mulémbwè | 1994–2009 | FRELIMO |
Verónica Macamo | 2010–2020 | FRELIMO |
Esperança Bias | 2020–hede | FRELIMO |