Verkyker

'n Verkyker.

'n Verkyker bestaan uit twee refraktorteleskope wat langs mekaar gemonteer is en aangepas om in dieselfde rigting te wys, wat die kyker toelaat om albei oë te gebruik (binokulêre visie) wanneer verafgeleë voorwerpe besigtig word. Die meeste verkykers word gemaak om met albei hande vasgehou te word, hoewel groottes heelwat verskil, van operalense tot groot militêre modelle wat gemonteer is.

Anders as 'n (monokulêre) teleskoop, gee 'n verkyker gebruikers 'n driedimensionele beeld: elke oogstuk vertoon 'n effens ander beeld aan elkeen van die kyker se oë en die parallaks laat die visuele korteks toe om 'n indruk van diepte te genereer.

Lees ook

[wysig | wysig bron]