Villefranche-sur-Saône | |
---|---|
Koördinate: 45°59′25″N 4°43′13″O / 45.99028°N 4.72028°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Auvergne-Rhône-Alpes |
Département | Rhône |
Arrondissement | Villefranche-sur-Saône |
Kanton | Villefranche-sur-Saône |
Regering | |
• Burgemeester | Thomas Ravier |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,48 km2 (3,66 vk. myl) |
Hoogte | 167–220 m (548−722 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 34 686 |
• Digtheid | 3 659/km2 (9 480/vk. myl) |
Poskode | 69400 |
Skakelkodes | 69264 |
Webwerf | villefranche.net |
Villefranche-sur-Saône is 'n stad met 'n oppervlak van 9,48 vierkante kilometer en 34 686 inwoners (2009) in die Franse département Rhône van die gewes Auvergne-Rhône-Alpes), sowat 1,6 kilometer wes van die Saônerivier en 25 kilometer noord van Lyon. Dit is die hoofstad en ekonomiese sentrum van die bekende wynboustreek Beaujolais. Sy inwoners staan in Frankryk as Caladois bekend.
Villefranche-sur-Saône is in 1212 deur Guichard IV, graaf van Beaujeu, gestig en word in die 14de eeu die hoofstad van die distrik Beaujolais. Die dorp is gedurende die 15de en 16de eeu drie keer beleër. Sy stadsmuur is in die vroeë 19de eeu afgebreek.
Die hoofsaaklike nywerhede van Villefranche-sur-Saône is wynhandel, metallurgie, tekstiele en chemie. Die belangrike snelweg Autoroute du Sud (A6/E15) loop oos van die dorp langs die Saône.