Vipassana (Pali) of vipaśyanā (विपश्यना, Sanskrit) in Boeddhisme beteken "insig" in die ware aard van realiteit,[1][2] of die drie kenmerke van die bestaan: verganklikheid, lyding en die besef van die nie-self.
Vipassana-meditasie is ’n antieke praktyk wat deur Boeddhas geleer is en later weer bekendgestel is. Dit het gewild geraak danksy Mahasi Sayadaw,[3][4][5] S.N. Goenka en die Vipassana-beweging.[6] Dit behels bewustheid van asemhaling en van gedagtes, gevoelens en optrede, en word gebruik om insig te kry in die drie kenmerke van die bestaan.
Wêreldwyd is verskeie sentrums wat Vipassana-meditasie beoefen. In Suid-Afrika is die Dhamma Pataka in Worcester naby Kaapstad.