Vitamien E

Vitamien E
Vitamien E se chemiese struktuur

Vitamien E verwys na 'n groep van agt komplekse vetoplosbare vitamiene, onder andere die tokoferole en tokotrinole.[1] Uit die baie verskillende vorms van vitamien E, is gamma-tokoferol die mees algemene in 'n Westerse dieet.[2]

Vitamien E het vele biologiese funksies in die liggaam, dié as antioksidant die belangrikste en bekendste een.[3] Ander funksies sluit in ensiemaktiwiteit, uitdrukking van gene, en neurologiese funksies. Daar word vermoed dat die belangrikste funksie van vitamien E is as selboodskapper en nie soseer as antioksidant nie.[4][5]

'n Vitamien E-gebrek in diere lei tot onvrugbaarheid en ander spierafwykings. Daar is egter nog geen tekens dat die vitamien ʼn invloed op die mens het nie. Dit word egter gebruik vir die behandeling van steriliteit.

Bronne van vitamien E in 'n dieet

[wysig | wysig bron]
Voedsel wat baie vitamien E bevat mg/100 g
koringkiemolie 150
sonneblomolie 140
saffloerolie 34
neute soos haselneute 26
neute soos amandels 15
palmolie[6] 15
spinasie 2.1
raap 1.9
beetblare 1.8
koolblare 0.88 tot 2.3
avokado's 2.1
aspersies 1.1 tot 1.5
kiwivrug (groen) 1.5
broccoli 0.78 tot 1.5
mango's 0.9
pampoen 0.8
patats 0.26 tot 0.94
tamaties 0.55
skerpioenvis 0.44
papajas 0.3


Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Brigelius-Flohe, B (1999). "Vitamin E: function and metabolism". FASEB J. 13 (10): 1145–1155. PMID 10385606. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  2. Traber, MG (1998). "The biological activity of vitamin E" (in Engels). The Linus Pauling Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2015. Besoek op 6 Maart 2011.
  3. Bell, EF (1987). "History of vitamin E in infant nutrition". American Journal of Clinical Nutrition. 46 (1 Suppl): 183–186. PMID 3300257.
  4. Azzi (2007). "Molecular mechanism of alpha-tocopherol action". Free radical biology & medicine. 43 (1): 16–21. doi:10.1016/j.freeradbiomed.2007.03.013. PMID 17561089.
  5. Zingg; Azzi, A (2004). "Non-antioxidant activities of vitamin E". Current medicinal chemistry. 11 (9): 1113–33. doi:10.2174/0929867043365332. PMID 15134510.
  6. "Vitamien E in palmolie". Wolfram Alpha.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]