Vitamien K is 'n groep vetoplosbare vitamiene met 'n soortgelyke struktuur, wat die menslike liggaam benodig vir die omskakeling van sommige proteïne wat noodsaaklik is vir bloedstolling, en in metaboliese roetes in been- en ander weefsels. Hulle is 2-metiel-1,4-naftokinoon (3-) derivate. Die groep vitamiene sluit ook twee natuurlike vitamere in: vitamien K1 en vitamien K2.[1]
Vitamien K1 (phylloquinone, phytomenadione, phytonadione) is in 1929 geidentifiseer deur die Deense wetenskaplike Henrik Dam. Hy het die rol van cholesterol ondersoek in 'n proef waartydens hy hoenderkuikens 'n cholesterol-vrye dieet gevoer het.[2] Ná etlike weke het die diere erge bloeding ontwikkel. Hierdie afwyking kon nie herstel word deur slegs die toevoeging van gesuiwerde cholesterol aan hul dieet nie. Dit kom toe voor dat — saam met cholesterol — daar 'n tweede komponent uit die voedsel onttrek word, en hierdie stof word toe die koagulasie-vitamien genoem. Die nuwe vitamien ontvang toe die letter K omrede die nuus van die ontdekking van die vitamien in 'n Duitse joernaal geplaas is, waarin daarna verwys is as die Koagulationsvitamin.
Voedsel | Porsiegrootte | Vitamien K1 mikrogram (μg) | |||
---|---|---|---|---|---|
Boerkool, gekook | 1/2 koppie | 531 | |||
Spinasie, gekook | 1/2 koppie | 444 | |||
Groen koolblare, gekook | 1/2 koppie | 418 | |||
Spinasiebeet (chard), groen, gekook | 1/2 koppie | 287 | |||
Raap, gekook | 1/2 koppie | 265 | |||
Pietersielie, rou | 1/4 koppie | 246 | |||
Broccoli, gekook | 1 koppie | 220 | |||
Brusselspruit, gekook | 1 koppie | 219 | |||
Mosterd (groen blaardele), gekook | 1/2 koppie | 210 | |||
Andyvie, rou | 1 koppie | 116 | |||
Kopkool, gekook | 1/2 koppie | 82 | |||
Groen bindslaai | 1 koppie | 71 | |||
Aspersie | 4 lote | 48 | |||
Tabel uit "Important information to know when you are taking: Warfarin (Coumadin) and Vitamin K", Clinical Center, National Institutes of Health Drug Nutrient Interaction Task Force.[3] |
Voedselbronne van vitamien K2 sluit in beleë kaas, eiers, vleis soos hoender, bees en dié se vet, lewers, en organe, en in gefermenteerde groente, veral "Natto" ('n Japannese gereg van gegisde sojabone), sowel as suurkool.[4]
Voedselsoort: 100 gram porsie | Mikrogram (μg) | Gedeelte van vitamien K2 | Voedselsoort: 100 gram porsie | Mikrogram (μg) | Gedeelte van vitamien K2 |
---|---|---|---|---|---|
Natto, gekook | 1,103.4 | (90% MK-7, 10% ander MK) | Hoenderboudjie | 8.5 | (100% MK-4) |
Gans lewerpatee | 369.0 | (100% MK-4) | Bief maalvleis (medium vet) | 8.1 | (100% MK-4) |
Harde kaas (Hollandse Gouda-styl) | 76.3 | (6% MK-4, 94% ander MK) | Hoenderlewer (gesmoor) | 6.7 | (100% MK-4) |
Sagte kaas (Franse Brie-styl) | 56.5 | (6.5 MK-4, 93.5% ander MK) | Warmbrak (Eng: Hot dog) | 5.7 | (100% MK-4) |
Eiergeel, (in Nederland) | 32.1 | (98% MK-4, 2% ander MK) | Spek (Eng: Bacon) | 5.6 | (100% MK-4) |
Gansboudjie | 31.0 | (100% MK-4) | Kalfslewer (pangebraai) | 6.0 | (100% MK-4) |
Eiergeel (in V.S.A.) | 15.5 | (100% MK-4) | Suurkool | 4.8 | (100% MK-4) |
Botter | 15.0 | (100% MK-4) | Volmelk | 1.0 | (100% MK-4) |
Hoenderlewer (rou) | 14.1 | (100% MK-4) | Salm (Alaska, Coho, Sockeye, Chum, en King wild (rou)) | 0.5 | (100% MK-4) |
Hoenderlewer (pangebraai) | 12.6 | (100% MK-4) | Beeslewer (pangebraai) | 0.4 | (100% MK-4) |
Cheddarkaas (in V.S.A.) | 10.2 | (6% MK-4, 94% ander MK) | Eierwit | 0.4 | (100% MK-4) |
Frankfurter | 9.8 | (100% MK-4) | Afgeroomde melk | 0.0 | |
Hoenderborsie | 8.9 | (100% MK-4) | |||
Tabel uit Rhéaume-Bleue, pp. 66–67. |
Vitamien K2 (menakinoon-4) word deur dierlike weefsel gesintetiseer en kom natuurlik voor in vleis, eiers en suiwelprodukte.[5]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)