Viðoy | |
---|---|
Stamp FR 349 of Postverk Føroya (issued: 25 May 1999; photo: Per á Hædd) | |
Ligging binne die Faroëreilande | |
Koördinate: 62°20′N 6°31′W / 62.33°N 6.52°W | |
Staat | Denemarke |
Constituent country | Faroëreilande |
Oppervlak | |
• Totaal | 41 km2 (16 vk. myl) |
Bevolking (7-2017) | |
• Totaal | 594[1] |
Tydsone | GMT |
Skakelkodes | 298 |
Viðoy (Deens: Viderø) is die noordelikste eiland in die Faroëreilande, oos geleë van Borðoy waaraan dit gekoppel is via 'n laagwaterbrug. Die naam beteken hout eiland, ten spyte van die feit dat geen bome op die eiland groei nie, die naam hou verband met die dryfhout wat indryf van Siberië en Noord-Amerika.
Die eiland het twee nedersettings: Hvannasund op die suidwes kus en Viðareiði op die noordwes kus, die noordelikste nedersetting in die Faroëreilande. 'n Pad langs die weskus van die eiland verbind die twee. Die eiland is verbind deur 'n pad laagwaterbrug van Hvannasund tot Norðdepil op Borðoy, en 'n bus diens van Klaksvík loop oor die laagwaterbrug na die eiland.[2]
Die eiland se noordelike en oostelike kus is geïdentifiseer as 'n Belangrike Voël Gebied deur BirdLife International as gevolg van sy betekenis as 'n broeiplek vir seevoëls, veral die Europese stormswael (500 pare), Swartpootbrandervoël (5300 pare), Atlantiese pukkewyn (25,000 pare), algemene seekoete (6700 individue) en swartseekoet (200 pare).[3]
Rang | Naam | Hoogte |
---|---|---|
3 | Villingadalsfjall | 841m |
24 | Nakkurin (norðari) | 754m |
29 | Malinsfjall | 750m |
52 | Filthatturin | 688m |
53 | Oyggjarskoratindur | 687m |
67 | Kaap Enniberg | 651m |
84 | Sneis | 634m |
116 | Tunnafjall | 593m |
147 | Talvborð | 557m |
174 | Mølin | 511m |
192 | Nakkurin | 481m |
Viðoy het elf berge, waarvan Villingadalsfjall die noordelike hoogtepunt in die Faroëreilande is. Die noordkus het ook die Enniberg krans, wat op 750m die tweede-hoogste see-krans in Europa is (na Hornelen, in Noorweë). Die berge is getoon met hul algehele rang in die Faroëreilande.
Lys van berge van die Faroëreilande