![]() |
|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel ![]() |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 14 Februarie 2002[1] |
Ontwerp | Twee vertikale bane in wit aan die vlagpaalkant en rooi aan die wapperkant, geskei deur vyf wit driehoeke wat ’n sigsaglyn vorm. |
Die nasionale vlag van Bahrein is op 14 Februarie 2002 in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee vertikale bane in wit aan die vlagpaalkant en rooi aan die wapperkant, geskei deur vyf wit driehoeke wat ’n sigsaglyn vorm.
Die vyf punte van die sigsag wat na die wapperkant wys stel die Vyf Pilare van die Islam voor.
Wit maak 32,5% van die vlag se oppervlak uit en rooi bedek die orige 67,5%.
Die oudste bekende vlae van Bahrein was net rooi. In 1820 het Bahrein ’n verdrag met die Groot-Brittanje onderteken waarin bepaal is dat ’n wit baan tot die vlag toegevoeg sou word om die vredesooreenkoms aan te dui. In 1932 is die skeiding tussen die wit en rooi bane getand gemaak om die vlag van Bahrein van dié van sy bure te onderskei.[2]
Die vlag het aanvanklik 28 punte in die sigsag gehad maar is in 1972 verminder tot agt.[2] Op 14 Februarie 2002 is dit verder verminder tot vyf sodat elke punt van die sigsag die Vyf Pilare van die Islam sou voorstel.[1]
Die vlag word op land en ter see as nasionale, burgerlike en oorlogsvaandel gebruik. In 2002 het Koning Hamad bin Isa Al Khalifa ’n dekreet ingevolge Wet 4 van 2002 uitgevaardig wat betrekking op die vlag het:
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Bahrein. |