Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 6 Julie 1964 |
Ontwerp | ’n Driekleur in swart, rooi en groen met ’n rooi opkomende son in die swart baan. |
Die nasionale vlag van Malawi is op 6 Julie 1964 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur met ewe wye bane in swart (bo), rooi (middel) en groen (onder). In die middel van die boonste (swart) baan is ’n rooi opkomende son. Op 29 Julie 2010 is die vlag onder die President Bingu wa Mutharika verander ná ’n driekleur in rooi, swart en groen met ’n wit opkomende son in die swart baan.[1][2] Op 28 Mei 2012 het die nuwe President Joyce Banda die veranderinge teruggerol en die ou vlag weer ingesit.[3][4]
Swart stel die mense van Afrika voor, rooi is ’n huldeblyk aan die bloed wat gevloei het in die stryd om vryheid en groen stel die vrugbare grond voor. Die opkomende son simboliseer die aanbreek van onafhanklikheid vir Malawi en dien ook as herinnering aan die betekenis van die naam “Malawi”, wat “brandende water” beteken (’n beskrywing van die Njassameer (Malawimeer) tydens sonsondergang). Die opkomende son word ook gevind op die Malawiese wapenskild.[5]
Die kortstondige vlag van Malawi is soortgelyk aan die vlag van die Republiek van Biafra (wat tussen 1967 en 1970 bestaan het).
Die kleure van die vlag is soos volg bepaal:[6]
Swart | Rooi | Groen | |
---|---|---|---|
Britse Standaardkleure | 0-000 | 0-005 | 0-010 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Malawi. |