Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 18 Oktober 1995[1] |
Ontwerp | ’n Vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in, van bo na onder, wit, rooi en groen met die landswapen in die skildhoek |
Die nasionale vlag van Oman is op 18 Oktober 1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in, van bo na onder, wit, rooi en groen met die landswapen in die skildhoek.
Elk van die kleure het ’n simboliese betekenis:
Voorts stel wit die ou imamaat in die binneland voor en rooi die hoofstad Maskat.
Tot 1975 het Oman die eenvoudige rooi vlag van die inheemse Omane gebruik. In 1970 het die Sultan ’n nuwe nasionale vlag bekendgestel. ’n wit en groen baan is aan die wapperkant toegevoeg en die nasionale embleem, die wapen van die Albusaidi-dinastie is in die skildhoek aangebring.
Tussen 1970 en 1995 was die grootte van die horisontale rooi baan dunner as dié van die wit en groen bane (ongeveer een vyfde van die hoogte met die ander twee vyfdes elk).
Die standaard van die Sultan van Oman is ’n rooi vlag met ’n dik groen rand (ongeveer een sesde van die hoogte van die vlag) en ’n dik rooi rand van dieselfde dikte daar rondom. Dit bevat die land se embleem in goud in die middel van die vlag.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Oman. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |