![]() |
|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel ![]() |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 12 Oktober 1954 |
Ontwerp | ’n Blou vlag met ’n wit ster in die middel. |
Ontwerp deur | Mohammed Awale Liban |
Die nasionale vlag van Somalië (Somalies: Calanka Soomaaliyaa; Arabies: علم الصومال) is op 12 Oktober 1954 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele blou baan met ’n wit vyfpuntige ster in die middel van die vlag.
Die blou baan herinner ’n mens aan die Verenigde Nasies wat op ’n punt die area geadministreer het. Die vyfpuntige ster stel die vyf areas voor waarvandaan die Somaliërs afkomstig is nl.: noordelike Somalië, suidelike Somalië, noordelike Kenia, suidelike Ethiopië en Djiboeti. Die ster is ook ’n simbool van vryheid en die wit stel hoop, vrede en vooruitgang voor.[1]
Die vlag van Somalië is gebaseer op die vlag van die Verenigde Nasies, die verskil is dat daar ’n ster in die middel van die vlag is. Die vlag is ook soortgelyk aan die vlag van Viëtnam en die Bonnie Blue-vlag.
Die kleurskema word hieronder gelys:
![]() |
Blou | Wit |
---|---|---|
RGB | 65/137/221 |
255/255/255
|
Heksadesimaal | #4189DD |
#FFFFFF
|
CMYK | 71/38/0/13 |
0/0/0/0
|
Die vlag van Somalië kan met behulp van die volgende konstruksieplan gereproduseer word:
Verskeie gebiede van Somalië het hul onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar. Somaliland, Jubaland, Suidwes-Somalië, Puntland en die Maakhirstaat gebruik hul eie vlae, terwyl die Noordlandstaat en Galmudug die vlag van Somalië gebruik.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Somalië. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |