Vleirosie

Vleirosie
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. laxum
Binomiale naam
Leucadendron laxum
I.Williams, (1967)

Die vleirosie (Leucadendron laxum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom vanaf Hermanus tot by Agulhas. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1 295 km² en 45% van sy habitat het verlore gegaan aan gewasverbouing asook damme wat gebou is vir besproeiing.

Die struik word 1.75 m hoog en dra blomme van September tot Oktober.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat gedurende Maart die volgende jaar. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die plante word bestuif deur die werking van insekte.

In Engels staan dit as die Bredasdorp Conebush bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]