Die Vlieënde Hollander is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n stormwind gesweer dat hy om die Kaap de Goede Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende wil dit hê dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo deur baie seevaarders gesien, insluitende Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het die Vlieënde Hollander as tema vir een van sy operas gebruik.
By Terneuzen in Nederland is daar 'n monument wat hierdie legende herdenk.