Vodacombeker | |
' | |
Die Vodacombeker se kenteken
| |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 1998 |
Gestaak | 2015 |
Vervang met | Rugby-uitdaagreeks |
Eienaar | Suid-Afrikaanse Rugbyunie |
Inwydingseisoen | 1998 |
Deelnemende lande | Suid-Afrika Namibië Argentinië Kenia |
Aantal spanne | 16 |
Mees onlangse kampioen | Pumas (2015) |
Verwante kompetisies | Curriebeker |
Borg(e) | Vodacom |
Die Vodacombeker was ’n rugbykompetisie wat van 1998 tot 2015 elke jaar tussen Februarie en Mei in Suid-Afrika gespeel is. Die kompetisie was die derde mees prestigeryke rugbykompetisie in Suid-Afrika, naas Superrugby en die Curriebeker. Dit het oorvleuel met die Superrugbyreeks en geleentheid gebied vir jonger en minder ervare spelers om te ontwikkel. Dit kompetisie is sedert 1998 elke jaar deur Vodacom geborg. Dit is in 2017 deur die Rugby-uitdaagreeks vervang.
Die kompetisie was oop vir die veertien Suid-Afrikaanse rugbyunies, maar spanne van buite Suid-Afrika is ook uitgenooi om deel te neem. Die Welwitschias van Namibië het tussen 1999 en 2001 asook in 2010 en 2011 deelgeneem. Die Pampas XV van Argentinië het vanaf 2010 deelgeneem.[1][2] Limpopo, wat normaalweg deel van die Blou Bulle vorm, het ook in 2013 as ’n afsonderlike span deelgeneem.
Die volgende spanne het sedert die aanvang daarvan aan die Vodacombeker deelgeneem:
Vodacombeker-spanne | |||
Span | Eerste seisoen | Aantal seisoene | Ander name |
---|---|---|---|
Blou Bulle | 1998–2015 | 18 | |
Boland Kavaliers | 1998–2015 | 18 | Boland |
Grens Bulldogs | 1998–2015 | 18 | Grens |
OP Kings | 1998–2015 | 18 | Magtige Olifante |
Valke | 1998–2015 | 18 | |
Vrystaat XV | 1998–2015 | 18 | Vrystaat Cheetahs |
Goue Leeus | 1998–2015 | 18 | |
Griffons | 1998–2015 | 18 | Noord-Vrystaat "Purple People Eaters" |
Griekwas | 1998–2015 | 18 | Griekwaland-Wes |
Luiperds | 1998–2015 | 18 | Noordwes |
Limpopo | 2013–2015 | 3 | Limpopo Blou Bulle |
Pampas XV | 2010–2013 | 4 | |
Pumas | 1998–2015 | 18 | Mpumalanga Pumas |
Haaie XV | 1998–2015 | 18 | Natal Wildebeeste |
Simba XV | 2014 | 1 | |
SWD Arende | 1998–2015 | 18 | |
Welwitschias | 1999–2001, 2010–2011, 2015–2015 | 6 | Namibië Koedoes |
Westelike Provinsie | 1998–2015 | 18 |
Die Vodacombeker se eindstryde het as volg verloop:
Seisoen | Wenner | Telling | Tweede plek |
---|---|---|---|
1998 | Griekwas | 57–0 | Goue Leeus |
1999 | Goue Leeus | 73–7 | Griekwas |
2000 | Vrystaat Cheetahs | 44–24 | Griekwas |
2001 | Blou Bulle | 42–24 | Boland Kavaliers |
2002 | Goue Leeus | 54–38 | Blou Bulle |
2003 | Goue Leeus | 26–17 | Blou Bulle |
2004 | Goue Leeus | 35–16 | Blou Bulle |
2005 | Griekwas | 27–25 | Luiperds |
2006 | SWD Arende | 25–17 | Natal Wildebeeste |
2007 | Griekwas | 33–29 | Blou Bulle |
2008 | Blou Bulle | 25–21 | Vrystaat Cheetahs |
2009 | Griekwas | 28–19 | Blou Bulle |
2010 | Blou Bulle | 31–29 | Vrystaat Cheetahs |
2011 | Pampas XV | 14–9 | Blou Bulle |
2012 | Westelike Provinsie | 20–18 | Griekwas |
2013 | Goue Leeus | 42–28 | Pumas |
2014 | Griekwas | 30–6 | Goue Leeus |
2015 | Pumas | 24–7 | Westelike Provinsie |
Span | Kere gewen | Tweede | Halfeindstryd | Kwarteindstryd | Seisoene gewen | |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Griekwas | 5 | 3 | 3 | 3 | 1998, 2005, 2007, 2009, 2014 |
2 | Goue Leeus | 5 | 2 | 1 | 6 | 1999, 2002, 2003, 2004, 2013 |
3 | Blou Bulle | 3 | 6 | 4 | 2 | 2001, 2008, 2010 |
4 | Vrystaat Cheetahs | 1 | 2 | 3 | 5 | 2000 |
5 | Westelike Provinsie | 1 | 1 | 3 | 5 | 2012 |
6 | Pumas | 1 | 1 | 3 | 1 | 2015 |
7 | Valke | 1 | 0 | 3 | 0 | 2006 |
8 | Pampas XV | 1 | 0 | 0 | 2 | 2011 |
9 | Natalse Haaie | 0 | 1 | 5 | 4 | |
10 | Boland Kavaliers | 0 | 1 | 4 | 3 | |
11 | Luiperds | 0 | 1 | 3 | 3 | |
12 | SWD Arende | 0 | 0 | 1 | 3 | |
Oostelike Provinsie | 0 | 0 | 1 | 3 | ||
14 | Grens Bulldogs | 0 | 0 | 0 | 0 | |
Griffons | 0 | 0 | 0 | 0 | ||
Limpopo | 0 | 0 | 0 | 0 | ||
Welwitschias | 0 | 0 | 0 | 0 |
Die Goue Leeus het op 27 April 2013 ’n rekordsege teenoor die Limpopo Blou Bulle behaal toe hulle die span met 161–3 geklop het by die Alberton Rugbyklub in Alberton. Die oorwinning is ’n rekord in Suid-Afrikaanse eersterangrugby. Dit oortref die Pumas se vorige Vodacombekerrekord van 154–0 ook teen die Limpopo Blou Bulle. Die 25 drieë wat die Goue Leeus gedruk het is ook ’n Vodacombekerrekord. Daarmee saam het Anthony Volminck ’n rekord nege drieë vir die Goue Leeus gedruk en daarmee Naas Olivier se vorige rekord van 42 punte in ’n wedstryd na 45 verbeter.[3]
Van 2001 tot 2004 het die spanne wat nie in die boonste 4 plekke geëindig het in die rondomtaliefase nie, in ’n sekondêre kompetisie genaamd die Vodacomskild deelgeneem.
Seisoen | Wenner | Telling | Tweede plek |
---|---|---|---|
2001 | Griffons | 40–27 | Oostelike Provinsie |
2002 | Oostelike Provinsie | 26–20 | Natalse Haaie |
2003 | Grens Bulldogs | 32–0 | Griekwas |
2004 | Boland Kavaliers | 19–12 | SWD Arende |
Span | Seges | Tweede plekke | Halfeindstryde | Seisoene gewen | |
---|---|---|---|---|---|
1 | Oostelike Provinsie | 1 | 1 | 1 | 2002 |
2 | Grens Bulldogs | 1 | 0 | 1 | 2003 |
3 | Boland Kavaliers | 1 | 0 | 0 | 2004 |
Griffons | 1 | 0 | 0 | 2001 | |
5 | Griekwas | 0 | 1 | 1 | |
SWD Arende | 0 | 1 | 1 | ||
7 | Natalse Haaie | 0 | 1 | 0 | |
8 | Westelike Provinsie | 0 | 0 | 2 | |
9 | Luiperds | 0 | 0 | 1 | |
Pumas | 0 | 0 | 1 | ||
11 | Valke | 0 | 0 | 0 |