| |||||
Nasionale leuse: Geen | |||||
Ligging van die Vojvodina in Serwië | |||||
Kaart van die Vojvodina in Serwië | |||||
Amptelike tale | Serwies, Hongaars, Slowaaks, Kroaties, Roemeens, Rusyn | ||||
Hoofstad | Novi Sad | ||||
Grootste stad | Novi Sad | ||||
Eerste Minister | Bojan Pajtić | ||||
Oppervlakte - Totaal |
21 506 vk km | ||||
Bevolking - Totaal (2002) - Bevolkingsdigtheid |
2 031 992 94,51/vk km | ||||
Geldeenheid | Serwiese Dinar (RSD) | ||||
Tydsone | UTC: UTC +1 | ||||
Volkslied | Geen |
Die Vojvodina (Serwies: Војводина), amptelik die Outonome Provinsie van Vojvodina (Serwies: Аутономна Покрајина Војводина, Autonomna Pokrajina Vojvodina; Hongaars: Vajdaság Autonóm Tartomány; Slowaaks: Autonómna Pokrajina Vojvodina; Kroaties: Autonomna Pokrajina Vojvodina; Roemeens: Provincia Autonomă Voivodina) is 'n outonome provinsie in die noorde van Serwië. Die provinsie het 'n oppervlakte van 21 506 km² en het in 2002 'n bevolking van 2 031 992 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Novi Sad. Die Vojvodina het ses amptelike tale en twee amptelike alfabette: Cyrillies en Latyns.