Vonones II | |
---|---|
Koning van konings | |
'n Muntstuk van Vonones II. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 51 |
Voorganger | Gotarzes II |
Opvolger | Vologases I |
Oorlede | 51 |
Dinastie | Arsakiede |
Religie | Zoroastrisme |
Vonones II was 'n Partiese prins wat van 11 tot 51 n.C. koning van Atropatene en in 51 n.C. koning van die Partiese Ryk was. Hy was nie van die regerende tak van die Arsakidiese dinastie nie. Sy broer, Artanabus II,[1] was die opvolger van Vonones I, aangesien hulle ma die dogter van die Partiese koning Fraates IV was.[2] Hulle pa was 'n prins en moontlik 'n afstammeling van 'n vroeëre koning, Mitridates II.[1][2]
Ná die dood van sy broer se aangenome seun, Gotarzes II, in 51 n.C. het Vonones koning van Partië geword. Hy is egter 'n paar maande later dood en is deur sy seun Vologases I opgevolg.[3]
Vonones II het drie seuns gehad, wat die konings van onderskeidelik Partië, Atropatene en Armenië was: Vologases I, Pakoros[4] en Tiridates I.[5]
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)Voorganger ← Gotarzes II |
Vonones II | Opvolger Vologases I → |