W. G. Grace | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Portret van Grace deur Herbert Rose Barraud. | ||||||
Volle naam | William Gilbert Grace | |||||
Gebore | Downend, naby Bristol, Engeland | 18 Julie 1848|||||
Gesterf | 23 Oktober 1915 (op 67) Mottingham, Kent, Engeland | |||||
Bynaam(e) | W.G., The Doctor, The Champion, The Big 'Un, The Old Man | |||||
Kolfstyl | Regshandige kolwer | |||||
Boulstyl | regterarm medium (RM; roundarm styl) | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Familie | E. M. Grace, Fred Grace (broers), Walter Gilbert (neef) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Engeland | |||||
Toetsdebuut (no 24) | 6 September 1880 v Australië | |||||
Laaste Toets | 1 Junie 1899 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1869–1904 | Marylebone | |||||
1870–1899 | Gloucestershire | |||||
1900–1904 | London County | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | 1ste rang | ||||
Wedstryde | 22 | 878 (870) | ||||
Lopies aangeteken | 1 098 | 54 896 (54 211) | ||||
Kolfgemiddeld | 32,29 | 39,55 (39,45) | ||||
100s/50s | 2/5 | 126/254 (124/251) | ||||
Hoogste telling | 170 | 344 (344) | ||||
Aflewerings geboul | 666 | 126 157 (124 833) | ||||
Paaltjies | 9 | 2 864+12 (2 809) | ||||
Boulgemiddeld | 26,22 | 17,99 (18,14) | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 246 (240) | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 66 (64) | ||||
Beste boulontleding | 2/12 | 10/49 (10/49) | ||||
Vangskote/Stonkings | 39/– | 887/5 (876/5) | ||||
Bron: [Rae, bl. 495–496 (CricketArchive)], |
William Gilbert "W. G." Grace (18 Julie 1848 – 23 Oktober 1915) was 'n Engelse doktor en krieketspeler. Grace was algemeen bekend as 'W.G.'. Hy was 'n krieket-legende wat tot die ontwikkeling van die sport bygedra het. Hy speel vir 'n rekord van 44 seisoene vanaf 1865 tot 1908 eersteklas krieket en was die kaptein van verskeie spanne, onder andere: Engeland, Gloucestershire County Cricket Club, The Gentlemen, MCC en United South of England Eleven.
William Gilbert Grace is op 18 Julie 1848 in Downend, naby Bristol in Engeland uit 'n krieket-familie gebore. Sy pa en oom was beide goeie krieketspelers.
Grace kwalifiseer in 1879 as 'n dokter. As gevolg van sy professie het hy normaalweg amateurkrieket gespeel, maar daar word geglo dat hy meer geld uit krieket verdien het. Hy was 'n kompeterende speler en een van die bekendste persone in Engeland, tog was hy ook omstrede as gevolg van onsportiwiteit en sy finansiële vaardighede.
Toetskrieket begin in 1877, toe Grace reeds 28 jaar oud was. Hy maak sy debuut in 1880 en het Engeland se eerste honderdtal teen Australië aangeteken.[1] Hy speel in die 1880's en 1890's in 22 toetse vir Engeland, almal daarvan teen Australië. Hy was die outomatiese keuse tuis, maar het aan slegs een kriekettoer, die toer van 1891–92 na Australië, deelgeneem.[2]
In 1880 word W.G. saam met E.M. Grace, een van sy ouer broers, en Fred Grace, sy jongste broer, die eerste drie broers wat saam in 'n toetswedstryd speel.
Grace se belangrikste toets was die 1882-toets tussen Engeland en Australië op die The Oval-krieketstadion.[3] Australië wen die wedstryd met 7 lopies nadat Spofforth 14 paaltjies geneem het. Die legende van Die As (The Ashes) is na die wedstryd gebore. Grace het slegs 4 en 32 lopies aangeteken, en is vir die nederlaag verantwoordelik gehou.
Hy is op 23 Oktober 1915 in Kent, Engeland aan 'n hartaanval oorlede.