Die Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA – Afrikaans Wild- en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika) ; voorheen bekend as die Wildlife Society of Southern Africa en voor dit as die Wild Life Protection and Conservation Society, is 'n nie-regerings omgewingsorganisasie (NRO) in Suid-Afrika, gestig in 1926, hoewel sy oorsprong terug na die 1890's strek.
Die organisasie het in 1926, grootliks deur die pogings en ondersteuning van Sydney Skaife[1] in 1929, gehelp om die Wild Life Protection and Conservation Society te stig, wat gehelp het om die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke te stig, en gelei het tot die (amptelike) proklamasie van die Krugerwildtuin.[2]
WESSA publiseer twee tydskrifte:
WESSA neem deel aan die aktiwiteite van die internasionale Foundation for Environmental Education (FEE) en het verskeie van sy Blouvlag-strandsertifiserings verwerf. Dit ondersteun die internasionale ekoskole-program van die FEE. Die Suid-Afrikaanse weergawe is in 2003 van stapel gestuur.