WV24 | ||
Grafkelder van onbekendes | ||
![]() | ||
Die plan van WV24. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | Voor 1832 | |
Uitgrawings deur | Otto Schaden (1991) | |
← Vorige WV23 Volgende →
WV25 |
WV24 is 'n grafkelder in die westelike deel van die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Melding is in die 1820's daarvan gemaak deur die Egiptoloë Robert Hay en John Wilkinson en dit is deur Howard Carter besoek, maar nie ten volle verken voor Otto Schaden se uitgrawings in 1991 nie.
WV24 lê 12 meter van die ingang na WV25 en is, nes dié grafkelder, onvoltooi. WV24 dateer van die 18de Dinastie en bestaan uit 'n skag en 'n groot, onvoltooide kamer. Na aanleiding van sy ooreenkoms met WV25 het Wilkinson en Schaden gemeen dit is dalk bedoel vir 'n adellike met 'n hoë rang of as 'n stoorkamer vir die oorskot van koninklike begrafnisse, soos WV23 en WVA.
Die hoeveelheid werk wat terselfdertyd aan WV24 en WV25 gedoen is, dui daarop dat die werk saam begin en saam gestaak is.[1]
Dit lyk nie of die grafkelder in die 18de Dinastie vir 'n begrafnis gebruik is nie. Dit is egter later, in die Derde Oorgangstydperk, vir die graf van vyf individu gebruik is, onder andere 'n baba.[1]