Waboom | |
---|---|
'n Waboom – blomme en blare. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. nitida
|
Binomiale naam | |
Protea nitida Mill., 1768
| |
Sinonieme | |
|
Die waboom (Protea nitida) – voorheen Protea arborea – is die proteaspesie wat die volopste voorkom in die winterreënvalgebied. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit staan ook as die blousuikerbos, bobbejaansuikerbos of brandhout bekend. Die boom se FSA-nommer is 86.[1]
Dit kom in die Wes- en Oos-Kaap voor van die Bokkeveld-eskarp en Kaapse Skiereiland af tot by die Groot-Winterhoekberge in die Oos-Kaap. Dit is deel van die fynbos-bioom. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]
Die plant word tot 5 m hoog maar eksemplare van 9 m bestaan. Hierdie spesie en die gewone protea (ook wabome genoem) is die enigste proteas wat groot genoeg word dat hul hout gebruik kan word. Dit blom regdeur die jaar met 'n hoogtepunt van Mei tot Augustus. Die plant spruit weer uit na dit gebrand het. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in vlak sandsteengrond of krake in rots op hoogtes van seevlak tot 1 200 m.
Die waboom het sy naam te danke aan die Voortrekkers wat die boom se hout gebruik het om ossewaens van te maak. Die hout van die boom het nie reguit vesels nie, maar is inmekaar gevleg. Dit maak die hout besonder sterk. Verskeie onderdele van 'n ossewa, soos die wielvellings word hiervan gemaak.