Wachtebeke | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Sentrum van die dorp met die Sint-Catharinakerk | |
Ligging van Wachtebeke in die provinsie Oos-Vlaandere | |
Koördinate: 51°10′00″N 3°52′00″O / 51.16667°N 3.86667°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Oos-Vlaandere |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,53 km2 (13,33 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 212 |
• Digtheid | 209/km2 (540/vk. myl) |
Poskode | 9185 |
Skakelkodes | 09 |
Webwerf | www.wachtebeke.be |
Wachtebeke (nuwe Nederlandse spelling van Wagtebeke) is 'n dorp in Oos-Vlaandere, België. Sowat 7500 mense woon in Wachtebeke. Die dorp is geleë aan die E34 Antwerpen – Knokke-Heist. Die Moervaartkanaal loop deur Wachtebeke. Die Zuidlederivier is die suidelike grens; die Langeledekanaal loop deur die dorp.
Wachtebeke word vir die eerste keer vermeld in 1198 as Wagtebeke. Mense het baie menings oor die betekenis van die woord Wagte, dit sou "wag hou" kan beteken, of "plek waar 'n mens deur die water moet loop waar dit nie diep is nie" (waden).
Die Romeinse Heerweg vanuit Antwerpen verdeel homself in Wachtebeke in die rigting van Gent en in die rigting van Brugge. Vanaf die 13e eeu het vooral die omliggende abdye eiendom in Wachtebeke. Die ontginning van turf het tot stand gekom en aangesien hierdie ontginning baie werk vereis, het baie volk na hierdie plek gereis om daar te woon. Vir die vervoer van turf na Gent word in die laat Middeleeue die Langelede-kanaal ("Lange stroom") gegrawe. Hierdie kanaal is in 1774 deeglik verbeter.
Wachtebeke was nooit 'n selfstandige eenheid nie. Dit het altyd deel uitgemaak van die ambacht Assenede, en behoort tans tot die Oos-Vlaamse streek die Meetjesland. Die parochie Wachtebeke en Sint-Kruis-Winkel het wel saam 'n eie vierskaar gevorm. Toe die munisipaliteite in 1795 tot stand gekom het, het Wachtebeke self 'n onafhanklike munisipaliteit geword.
Weens die industrialisering langs die kanaal Gent-Terneuzen ontwikkel Wachtebeke stadigaan van 'n arme boeredorp na 'n residensiële omgewing vir die hoë middelklas.
In 1965 word 'n kleine deel van die toe ontbinde munisipaliteit Mendonk by Wachtebeke gevoeg.
Daar is geen andere deelgemeente langer in die munisipaliteit van Wachtebeke nie. Aan die noordekant, op die grens met Nederland, lê die dorpjie Overslag.