Waleri Abisalowitsj Gergijef (Russies:Валерий Абисалович Гергиев; Russiese uitspraak: vɐˈlʲerʲɪj ɐbʲɪˈsaɫəvʲɪtɕ ˈɡʲɛrɡʲɪɪf; Osseties: Гергиты Абисалы фырт Валери, Gergity Abisaly Fyrt Valeri; gebore 2 Mei 1953), is 'n Sowjetse en Russiese dirigent en direkteur van 'n operamaatskappy. Hy is van Ossetiese afkoms. Hy is die algemene direkteur en artistieke direkteur van die Mariinskiteater, hoofdirigent van die München Filharmoniese Orkes en artistieke direkteur van die Wit Nagte-fees in Sint Petersburg.
Gergijef is in Moskou gebore as die seun van Tamara Timofejewna (Tatarkanowna) Lagkujewa en Abisal Zaoerbekowitsj Gergijef.[1]
Hy is in Wladikafkaz in Noord-Ossetië in die Kaukasus grootgemaak. Hy het sy eerste klavierlesse op sekondêre skool gehad voordat hy van 1972-'77 aan die Leningradse Konservatorium studeer het.
Sy grootste leermeester was Ilja Moesin, een van die grootste "dirigentmakers" in Russiese musikale geskiedenis. Sy suster, Larissa, is 'n pianis en direkteur van die Mariinski-sangersakademie.[2]
In 1978 het Gergijef assistentdirigent by die Kirof-opera, nou die Mariinski-opera, onder Joeri Temirkanof geword, waar hy sy buiging gemaak het as dirigent met Sergei Prokofiëf se opera Oorlog en Vrede. Hy was hoofdirigent van die Armeense Filharmoniese Orkes vanaf 1981 tot 1985 - die jaar het sy sy buiging tydens die Lichfield-fees gemaak in die Verenigde Koninkryk saam met die pianis Ewgeni Kissin en die violiste Maksim Wengerof en Wadim Repin.
In 1991 het Gergijef vir die eerste keer 'n Wes-Europese geselskap gedirigeer by die Staatsopera van Beiere in 'n opvoering van Modest Moessorgski se opera Boris Godoenof in München. In dieselfde jaar het hy sy Amerikaanse buiging gemaak met die opvoering van Oorlog en Vrede saam met die San Francisco-opera. Sedertdien het hy regoor die wêreld beide repertoire uit opera en orkeswerke gedirigeer. Hy neem ook deel aan verskeie musiekfeeste, insluitend die Wit Nagte in Sint Petersburg.
Hy het in 1998 hoofdirigent en artistieke direkteur van die Mariinski geword, en in 1996 die oorhoofse direkteur van die geselskap toe hy aangestel is deur die Russiese regering. Bykomend tot sy werk by die Mariinski, het Gergijef geldinsameling aangepak vir projekte soos die onlangs geboude 1100-stoel Mariinski-saal, en hy het ten doel om die Mariinskiteater in geheel teen 2010 op te knap en te restoureer.[3]
Van 1995 tot 2008 was Gergijef hoofdirigent van die Rotterdam Filharmoniese Orkes. In 1997 het hy die prinsipiële gasdirigent geword van die Metropolitan Opera in New York Stad. Sy kontrak daar het geduur tot die 2007-2008-seisoen, en sy buigingswerk het 'n nuwe weergawe van Moessorgski se opera Boris Godoenof, ingesluit, wat hersien en georkestreer is deur Igor Buketoff op 'n wyse wat getrou is aan Moessorgski se bedoelings (anders as Rimski-Korsakof se hersiene weergawe wat meestal gebruik is tot die 1960's of 1970's). In 2002 is hy ingesluit in een toneel in die rolprent Russian Ark, waarvan Alexander Sokurov die regisseur was en wat in die Hermitage in Sint Petersburg verfilm is.[4]
In 2003 was hy die inisieerder en dirigent by die Mariinskiteater vir die eerste volledige siklus van Richard Wagner se Die Ring van die Nebelunge, wat vir die eerste keer in oor die 90 jaar in Rusland opgvoer is. Die produksie se ontwerp en konsep reflekteer baie aspekte van Ossetiese kultuur. Gergijef het hierdie produksie in 2006 in Cardiff gedirigeer by die Walliese Millenniumsentrum, in Costa Mesa, Kalifornië in Oktober 2006 in die Orange County-sentrum vir Uitvoerende Kunste, en in Julie 2007 in die Lincolnsentrum, New York, tot groot applous en lof en uitverkoopte sitplekke.[5]
In 1988 was Gergijef vir die eerste keer gasdirigent van die Londen Simfonieorkes. Tydens die volgende verskyning saam met die LSO in 2004 het hy die sewe simfonieë van Prokofiëf gedirigeer.[6] Dit het gelei tot sy aanstelling in 2005 as dié geselskap se vyftiende hoofdirigent. Hy het sir Colin Davis op 1 Januarie 2007 as hoofdirigent opgevolg.[7] Gergijef se aanvanklike kontrak met die LSO was vir drie jaar.[8]
Sy eerste amptelike konsert as hoofdirigent van die LSO was op 23 Januarie 2007; dit is oorspronklik vir 13 Januarie geskeduleer, maar is uitgestel weens Gergijef se ongesteldheid. [9]
In Junie 2011 het Gergijef by die Internasionale Tsjaikofski-kompetisie aangesluit en hervormings aan die organisasie bekendgestel,[10] wat die vervanging van akademiese beoordelaars met noemenswaardige kunstenaars ingesluit het. Hy het ook 'n nuwe fase van deursigtigheid aan die proses bekendgestel, met die reëling dat alle opvoerings regstreeks en gratis op die internet gestroom moet word, en dat die beoordelaars hul gedagtes in die openbaar kan lug as hulle dit verkies.[11]
Gergijef is sedert 2015 hoofdirigent van die München Filharmoniese Orkes.[12][13]
Op 5 Mei 2016 het Gergijef by die Romeinse Teater van Palmyra deelgeneem aan die konsert Praying for Palmyra – Music revives ancient ruins. Dit is gewy aan die slagoffers wat gesterf het tydens die bevryding van Palmyra van Isis en het die haglike toestand van die antieke stad benadruk.[14]
In 1999 het Gergijef getrou met die musikant Natalia Dzebisowa, wat meer as 'n kwarteeu sy junior is, en ook Osseties is. Hulle het drie kinders, twee seuns en 'n dogter. Van tyd tot tyd is daar berig dat Gergijef 'n vriend is van Wladimir Poetin; en daar word gesê dat hulle peetpas van mekaar se kinders is,[15] maar in 'n brief aan The Daily Telegraph het Gergijef die idee verwerp.[16] Die dirigent het ook 'n dogter genaamd Natasja uit 'n vroeëre verhouding met die taalonderwyser Lena Ostowitsj.[1]
Gergijef fokus deurgaans op die opneem van die werke van Russiese komponiste, beide opera en simfonies, insluitende die werke van Mikhail Glinka, Pjotr Tsjaikofski, Alexander Borodin, Nikolai Rimski-Korsakof, Sergei Prokofiëf, Dmitri Sjostakowitsj, Igor Strawinski en Rodion Shchedrin. Die meeste van sy opnames, onder die Philips-plaatetiket, is gemaak saam met die Kirof-orkes, maar hy het ook opnames gemaak saam met die Weense Filharmonies Orkes. 'n Onlangse onderneming, die volledige Prokofiëf-simfonieë, is saam met die Londen Simfonieorkes gemaak.[17]
Gergijef het die volledige simfonieë van Gustav Mahler saam met die Londense Simfonieorkes opgeneem, almal tydens lewendige sessies, en uitgereik op die etiket London Symphony Orchestra Live. Dit is op digitale media beskikbaar gestel. In 2009 het Gergijef en die Mariinskiteater 'n Mariinski Live-plaatetiket begin (versprei deur die London Symphony Orchestra Live-etiket), met die eerste twee opnames wat musiek bevat deur Dmitri Sjostakowitsj.[18]
Gergijef se opnames van Prokofiëf se Romeo en Juliet saam met die Londen Simfonieorkes op LSO live in 2010 is gekies as die wenner van die orkestrale kategorie en die Plaat van die Jaar vir die 2011 BBC-musiektydskriftoekennings.[19]
Plaat-naam | Orkes | Plaatetiket | Plate | Jaar van Vrystelling |
---|---|---|---|---|
PROKOFIEV: Romeo and Juliet (complete ballet) | Kirov | Philips | 2 | 1991 |
PROKOFIEV: Romeo and Juliet (complete ballet) | LSO | LSO Live | 2 | 2010 |
RAVEL: Daphnis et Chloé (complete ballet) (with Pavane pour une infante défunte and Boléro) | LSO | LSO Live | 1 | 2010 |
STRAVINSKY: The Firebird (L'Oiseau de feu) (Complete ballet) | Kirov | Philips | 1 | 1998 |
STRAVINSKY: The Rite of Spring (Le sacre du printemps) (with Scriabin's The Poem of Ecstasy) | Kirov | Philips | 1 | 2001 |
TCHAIKOVSKY: The Sleeping Beauty (complete ballet) | Kirov | Philips | 3 | 1993 |
TCHAIKOVSKY: The Nutcracker (complete ballet) | Kirov | Philips | 1 | 1998 |
TCHAIKOVSKY: Swan Lake (complete ballet) (Highlights available separately) | Mariinsky | Decca | 2 | 2007 |
Plaat-naam | Orkes | Plaatetiket | Plate | Jaar van Vrystelling |
---|---|---|---|---|
BARTÓK: Bluebeard's Castle | LSO | LSO Live | 1 | 2009 |
BORODIN: Prince Igor | Kirov | Philips | 3 | 1995 |
DONIZETTI: Lucia di Lammermoor | Mariinsky | Mariinsky Live | 2 | 2011 |
GLINKA: Ruslan and Ludmila | Kirov | Philips | 3 | 1997 |
MUSSORGSKY: Boris Godunov (1869 & 1872 version) | Kirov | Philips | 5 | 1999 |
MUSSORGSKY: Khovanshchina | Kirov | Philips | 3 | 1992 |
PROKOFIEV: The Love for Three Oranges | Kirov | Philips | 2 | 2001 |
PROKOFIEV: Semyon Kotko | Kirov | Philips | 2 | 2000 |
PROKOFIEV: The Gambler | Kirov | Philips | 2 | 1999 |
PROKOFIEV: The Fiery Angel | Kirov | Philips | 2 | 1995 |
PROKOFIEV: War and Peace | Kirov | Philips | 3 | 1993 |
PROKOFIEV: Betrothal in a Monastery | Kirov | Philips | 3 | 1998 |
RIMSKY-KORSAKOV: Sadko | Kirov | Philips | 3 | 1994 |
RIMSKY-KORSAKOV: The Maid of Pskov | Kirov | Philips | 2 | 1997 |
RIMSKY-KORSAKOV: The Legend of the Invisible City of Kitezh | Kirov | Philips | 3 | 1999 |
RIMSKY-KORSAKOV: Kashchey the Immortal | Kirov | Philips | 1 | 1999 |
RIMSKY-KORSAKOV: The Tsar's Bride | Kirov | Philips | 2 | 1999 |
SHOSTAKOVICH: The Nose | Mariinsky | Mariinsky Live | 2 | 2009 |
STRAVINSKY: Oedipus rex (Comes with Ballet Les noces) | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2010 |
TCHAIKOVSKY: Pique Dame | Kirov | Philips | 3 | 1993 |
TCHAIKOVSKY: Mazeppa | Kirov | Philips | 3 | 1998 |
TCHAIKOVSKY: Iolanta | Kirov | Philips | 2 | 1998 |
VERDI: La Forza del Destino (1862 original version) | Kirov | Philips | 3 | 1997 |
WAGNER: Parsifal | Mariinsky | Mariinsky Live | 4 | 2010 |
Plaat-naam | Orkes | Plaatetiket | Plate | Jaar van vrystelling |
---|---|---|---|---|
BERLIOZ: Symphonie Fantastique, La Mort de Cléopâtre (Soprano: Olga Borodina) | VPO | Philips | 1 | 2003 |
BORODIN: Symphonies No. 1 & 2 | RPhO | Polygram | 1 | 1991 |
DEBUSSY: Prélude à l'après-midi d'un faune, La Mer, Jeux | LSO | LSO Live | 1 | 2011 |
MAHLER: Symphony No. 1 | LSO | LSO Live | 1 | 2008 |
MAHLER: Symphony Nos. 2 & 10 (Adagio) | LSO | LSO Live | 2 | 2009 |
MAHLER:Symphony No. 3 | LSO | LSO Live | 2 | 2008 |
MAHLER: Symphony No. 4 | LSO | LSO Live | 1 | 2010 |
MAHLER: Symphony No. 5 | LSO | LSO Live | 1 | 2011 |
MAHLER: Symphony No. 6 | LSO | LSO Live | 1 | 2008 |
MAHLER: Symphony No. 7 | LSO | LSO Live | 1 | 2008 |
MAHLER: Symphony No. 8 | LSO | LSO Live | 1 | 2009 |
MAHLER: Symphony No. 9 | LSO | LSO Live | 1 | 2011 |
MUSSORGSKY: Pictures at an Exhibition | VPO | Philips | 1 | 2002 |
PROKOFIEV: Scythian Suite, Alexander Nevsky | Kirov | Philips | 1 | 2003 |
PROKOFIEV: Completes Symphonies (No. 1–7) (No. 4: 1930 + 1947 Versions) | LSO | Philips | 4 | 2006 |
RACHMANINOV: Symphony No. 2 | Kirov | Philips | 1 | 1994 |
RACHMANINOV: Symphony No. 2 | LSO | LSO Live | 1 | 2010 |
RIMSKY-KORSAKOV: Scheherazade,
BORODIN: In the Steppes of Central Asia, BALAKIREV: Islamey |
Kirov | Philips | 1 | 2001 |
SHOSTAKOVICH: The War Symphonies (No. 4–9)
Each one available separately |
Kirov | Philips | 5 | 2005 |
SHOSTAKOVICH: Symphonies No. 1 & 15 | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2009 |
SHOSTAKOVICH: Symphonies No. 2 & 11 | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2010 |
SHOSTAKOVICH: Symphonies No. 3 & 10 | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2011 |
SHOSTAKOVICH: Symphonies No. 4, 5 & 6 | Mariinsky | Mariinsky Live | 2 | 2014 |
SHOSTAKOVICH: Symphony No. 7 "Leningrad" | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2012 |
SHOSTAKOVICH: Symphony No. 8 | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2013 |
STRAVINSKY: The Firebird – SCRIABIN: Prometheus | Kirov | Philips | 1 | 1998 |
STRAVINSKY: The Rite of Spring – SCRIABIN: The Poem of Ecstasy | Kirov | Philips | 1 | 2001 |
TCHAIKOVSKY: Symphonies No. 4, 5, 6Each one available separately | VPO | Philips | 3 | 2005 |
TCHAIKOVSKY: Symphony No. 5 | VPO | Philips | 1 | 1999 |
TCHAIKOVSKY: Symphony No. 6, Francesca da Rimini, Romeo and Juliet | Kirov | Philips | 1 | 2000 |
TCHAIKOVSKY: 1812 Overture and others | Kirov | Philips | 1 | 1994 |
TCHAIKOVSKY: 1812 Overture, Moscow Cantata, Marche Slave, Coronation March, Danish Overture | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2009 |
PLAAT-NAAM | SOLIS | ORKES | Plaatetiket | PLATE | JAAR VAN VRYSTELLING |
---|---|---|---|---|---|
BRAHMS & KORNGOLD: Violin Concertos | Nikolaj Znaider | VPO | RCA Red Seal | 1 | 2009 |
Lang Lang: Liszt, My Piano Hero (LISZT: Piano Concerto No. 1) | Lang Lang | VPO | Sony | 1 | 2011 |
PROKOFIEV: Complete Piano Concertos (No. 1–5) | Alexander Toradze | Kirov | Philips | 2 | 1998 |
RACHMANINOV: Piano Concerto No.2, Rhapsody on a Theme of Paganini | Lang Lang | Mariinsky | DG | 1 | 2003 |
RACHMANINOV: Piano Concerto No.3, Rhapsody on a Theme of Paganini | Denis Matsuev | Mariinsky | Mariinsky Live | 1 | 2010 |
TCHAIKOVSKY & MIASKOVSKY: Violin Concertos | Vadim Repin | Mariinsky | Philips | 1 | 2003 |
TCHAIKOVSKY: Variation on a Rococo Theme, PROKOFIEV: Sinfonia Concertante | Gautier Capuçon | Mariinsky | Virgin | 1 | 2010 |
ALBUM | SOLIS | ORKES | Plaatetiket | PLATE | JAAR VAN VRYSTELLING |
---|---|---|---|---|---|
Tchaikovsky & Verdi Arias | Dmitri Hvorostovsky | Kirov | Philips | 1 | 1990 |
Tchaikovsky & Verdi Arias | Galina Gorchakova | Kirov | Philips | 1 | 1996 |
Homage: The Age Of The Diva | Renée Fleming | Mariinsky | Decca | 1 | 2007 |
Russian Album | Anna Netrebko | Mariinsky | DG | 1 | 2006 |
PROKOFIEV: Ivan The Terrible Cantata | RPhO | Philips | 1 | 1998 | |
VERDI: Requiem | Kirov | Philips | 2 | 2001 |
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Valery Gergiev. |
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur David Khanjian |
Hoofdirigent, Armeense Filharmoniese Orkes 1981–1985 |
Opgevolg deur Rafael Mangassarian |
Voorafgegaan deur Yuri Temirkanov |
Hoofdirigent en musiekdirekteur, Kirov Opera 1988–present |
Opgevolg deur sittende dirigent |
Voorafgegaan deur Jeffrey Tate |
Hoofdirigent, Rotterdam Filharmoniese Orkes 1995–2008 |
Opgevolg deur Yannick Nézet-Séguin |