Op 12 Mei 2017 was talle gebruikers van die Microsoft Windows-bedryfstelsel oor die wêreld, asook die kritieke stelsels wat daarop staatmaak, slagoffers van die kwaadwillige WannaCrypt-sagteware.[1] Ongeveer 230 000 rekenaars in 150 lande is geraak deur hierdie kuberaanvalle.[2]
As gevolg van die virus het Microsoft 'n hoogs ongewone stap geneem deur beveiligingsopdaterings vir alle kliënte te bied om Windows-stelsels wat hul hoofstroomondersteuning verloor het, te beskerm, waaronder Windows XP, Windows 8 en Windows Server 2003.[3]