Wannanosaurus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Genus: | †Wannanosaurus (Hou, 1977)
|
Binomiale naam | |
†Wannanosaurus yansiensis |
Wannanosaurus | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||
|
Wannanosaurus ("Wannan-akkedis", na die plek waar dit ontdek is) was ’n genus dinosourusse uit die Campanium-tydsnede sowat 80 miljoen jaar gelede in wat nou Anhui, China, is. Die tipe-spesie, Wannanosaurus yansiensis, is in 1977 deur Lian-Hai Hou beskryf.[1]
Die enkele fossiel wat ontdek is, sluit in die gedeeltelike bokant van ’n skedel en onderkaak, ’n onder- en bobeen, en ’n deel van ’n rib. Omdat die bokant van die skedel plat is en groot openinge het, word dit beskou as ’n basale lid van Pachycephalosauria.[1][2]
Hoewel die oorblyfsels dié van ’n klein dier is met ’n lengte van minder as ’n meter,[1] wys die saamgegroeide bene in die skedel dat hy volgroeid was toe hy dood is.[3] Nes ander Pachycephalosauria was hy moontlik alles- of plantvretend en was sy kos plante na aan die grond en moontlik ook insekte.[2]