Wasili van Kostroma | |
---|---|
Grootprins van Wladimir | |
Periode | 1272–1276 |
Voorganger | Jaroslaf III van Twer |
Opvolger | Dmitri I van Pereslawl |
Huis | Rjoerik |
Vader | Jaroslaf III van Twer |
Gebore | 1241 |
Oorlede | 1276 |
Wasili (Russies: Василий Ярославич; 1241–1276) was een van die mins noemenswaardige grootprinse van Wladimir. Hy was die jongste seun van Jaroslaf II van Wladimir en het Kostroma in 1246 by sy oom Swjatoslaf III van Wladimir gekry. As die oudste oorlewende kleinseun van Wsewolod die Groot Nes het hy Vladimir in 1272 gekry en Novgorod die volgende jaar. Hy was een van die eerste prinse wat nie die moeite gedoen het om sy eie stad (dus Kostroma) te verlaat en in Wladimir te gaan bly nie. Sy afstammelinge het ná sy dood in Januarie 1276 nog ’n halfeeu lank oor Kostroma regeer.
Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia