Waterkeurtjie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Podalyria |
Spesie: | P. calyptrata
|
Binomiale naam | |
Podalyria calyptrata (Retz.) Willd., (1799)
| |
Sinonieme | |
|
Die waterkeurtjie (Podalyria calyptrata; ook bekend as keur, keurtjie, keurblom, en ertjiebos)[1] is 'n klein, immergroen boompie. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2] Dit is taamlik volop in die bergfynbos.
Die boom het 'n klein syagtige kappie, uit skubbe saamgestel, wat die blomkop bedek wat afval wanneer die blom oopgaan. Die blomme is welriekend en 2.5 cm in deursnee.
Die waterkeurtjie word alleen vir ornamentele doeleindes aangewend. Tuiniers verkies dit omdat dit maklik groei en bye, skoenlappers, en voëls na die tuin lok.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Podalyria calyptrata. |