Watersalie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Lamiaceae |
Genus: | Tetradenia |
Spesie: | T. riparia
|
Binomiale naam | |
Tetradenia riparia (Hochst.) Codd, 1983
|
Die watersalie (Tetradenia riparia), ook bekend as gemmerbos of vleisalie, is 'n struik wat tot 2m hoog word. Die plant is bladwisselend en meerstammig terwyl die takke halfsukkulente is. Die blare is enkelvoudig, groot, hartvormig en teenoorstande. Hulle is ook grof getand, dikharig en voel klewerig. Blare wat fyngemaal word het 'n gemmergeur. Die blommetjies is ligpers en verskyn in are.