Algemeen | |
---|---|
Naam | Waterstofchloried |
Ander name | Soutsuurgas, gees van sout |
Chemiese formule | HCl |
Molêre massa | 36,46 [g/mol] |
CAS-nommer | 7647-01-0[1] |
Voorkoms | Kleurlose gas |
Reuk | Stekend |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -114 °C[1] |
Kookpunt | -85 °C[1] |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | Hoog (in water) |
Dampdruk | 613 psig[1] |
Kritieke temperatuur | 51,45 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | -7 |
Veiligheid | |
Flitspunt | Onbrandbaar |
LC50 | 3124 dpm (1 uur; rotte) 1562 dpm (4 uur; rotte)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Waterstofchloried is 'n chemiese verbinding met die formule HCl.
Die stof is 'n gas met 'n stekende reuk wat in die vroeë chemie spiritus salis ("gees van sout") geheet het. Die gas word vrygestel indien 'n baie sterk suur soos swaelsuur met tafelsout reageer
Die gas is goed oplosbaar in water en die vloeibare oplossings is bekend as soutsuur. Die gas word daarom ook soutsuurgas genoem.
In oplossing is HCl 'n sterk Brønstedsuur wat amper volledig in ione dissosieer. Die soute heet chloriede. Die gas kan as sterk Lewissuur optree byvoorbeeld in 'n reaksie met ammoniak gee dit 'n wit rook van salmiak (ammoniumchloried) af
Die stof het 'n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die suur-basis-teorieë. Die oudste teorie, Lavoisier s'n, het voorgestel dat stowwe die element suurstof moet bevat om suureienskappe te besit. Nadat bevind is dat waterstofchloried 'n suur is wat nie suurstof bevat nie, het dit tot die ontwikkeling van die Arrheniusteorie gelei.