Algemeen | |
---|---|
Naam | Waterstofoksalaat |
IUSTC-naam | Waterstofetaandiöaat |
Ander name | 2-hidroksi-2-oksoasetaat |
Chemiese formule | HC2O−4 |
Molêre massa | 89,027 g•mol-1 |
CAS-nommer | 920-52-5 |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Waterstofoksalaat is 'n anioon met chemiese formule HC2O−4 (of HO2C-CO−2) wat van oksaalsuur deur die verlies van 'n enkele proton of, alternatiewelik, van die oksalaatanioon (C2O2−4) deur byvoeging van 'n proton afgelei is.
Verskeie waterstofoksalate is goed bestudeer, insluitend natriumwaterstofoksalaat (NaHC2O4),[1][2] kaliumwaterstofoksalaat (KHC2O4),[3] ammoniumwaterstofoksalaat (NH3HC2O4), rubidiumwaterstofoksalaat (RbHC2O4)[4] en dimetielammoniumwaterstofoksalaat ((CH3)2NH2HC2O4).[5]
Veral in ouer literatuur word daar ook na waterstofoksalate as bioksalate, suuroksalate of monobasiese oksalate verwys.
Waterstofoksalaat word as amfoteries geklassifiseer dws. dit kan óf 'n as suur óf as 'n basis in 'n chemiese reaksie reageer.
Die meeste hidrogenoksalaatsoute is gehidreer. Byvoorbeeld, kaliumwaterstofoksalaat kristalliseer as 2KHC2O4·H2O. Hierdie materiale vertoon uitgebreide strukture as gevolg van waterstofbinding en anioon-katioon interaksies. Die hidrate dehidreer by verhitting:[3]
Waterstofoksalaat is gebruik om die intramolekulêre oordrag van die waterstofioon te bestudeer. Aangesien die reaksie oënskynlik bloot die beweging van die waterstofioon (proton) behels, is aanvaar dat die laagste energie-oriëntasie van die waterstofoksalaatmolekule wat die reaksie sou vergemaklik die cis-oriëntasie sou wees. 'n Meer ingewikkelde situasie is egter teenwoordig wat koppeling tussen die protonbeweging en die interne vryheidsgrade, beweging van die suurstofatome en kwantumtonneling van die waterstofioon behels.[6]