Weduwee

Anna Maria Luisa de’ Medici as 'n treurende weduwee, 'n skildery deur Jan Frans van Douven, 1717

'n Weduwee is 'n vrou wie se eggenoot oorlede is. 'n Man wat sy eggenoot verloor het word 'n wewenaar genoem.

Weduwees in nood word gewoonlik deur hulle kerke bygestaan. Verskeie hulporganisasies is ook in die lewe geroep om weduwees by te staan, soos die SAPD se Weduwee- en Weesfonds. Suid-Afrika se Intestate Suksessiewet 81 van 1987 plaas 'n weduwee ook in 'n bevoorregte posisie in die allokasie van 'n boedel se bates.

Die praktyk van weduweeverbranding (mesatya) het vroeër gereeld in Indië en Indonesië voorgekom waar die weduwee lewend saam met die liggaam van haar eggenoot verbrand is. Omstreeks 1830 het die Britse koloniale bestuur egter hierdie praktyk verbied.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]