Wenera 1 maquette in museum | |||||
Sendingtipe | Venus-verbyvlug | ||||
---|---|---|---|---|---|
Operateur | OKB-1 | ||||
COSPAR-ID | 1961-003A | ||||
SATCAT-nr. | 80 | ||||
Sendingstydsduur | 7 maande | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Ruimtetuig | 1VA No.2 | ||||
Vervaardiger | OKB-1 | ||||
Lanseermassa | 6 424 kg | ||||
Landingsmassa | 643,5 | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 12 Februarie 1961, 00:34:36 UTC | ||||
Vuurpyl | Molnija 8K78 | ||||
Lanseerplek | Baikonoer 1/5 | ||||
Einde van sending | |||||
Laaste kontak | 19 Februarie 1961 | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Heliosentries | ||||
Periheliumhoogte | 0,718 AE | ||||
Afeliumhoogte | 1,019 AE | ||||
Helling | 0,58° | ||||
Periode | 311 dae | ||||
Verbyvlug van Venus | |||||
Naaste benadering | 19 Mei 1961, 02:52 UTC | ||||
Afstand | 100 000 km | ||||
| |||||
Die Wenera 1 was die Sowjetunie se tweede vlug om die planeet Venus te verken. Dit is op 12 Februarie 1961 gelanseer.[1] Die Venus 1- Outomatiese Interplanetêre Stasie het bestaan uit ’n ronde romp met ’n koepel vooraan. Dit was altesaam 2,035 meter lank en het 643,5 kg geweeg. Twee sonpanele was aan die romp geheg en ’n antenne van twee meter sou data van Venus na die Aarde stuur.
Aan boord was wetenskapinstrumente soos ’n magnetometer, metereoriet-opspoorders en instrumente om sonwind en kosmiese strale te meet. Binne-in die koepel was ’n KDU-414-enjin vir midvlug-aanpassings.
Die Wenera 1 is gelanseer ’n week ná die mislukking van die Sowjetunie se eerste verkenningstuig na Venus, die Spoetnik 7.[2] Dit is in twee stadiums gelanseer. Die Spoetnik 8 van 7 ton is in ’n wentelbaan om die aarde geplaas en die interplanetêre stasie is van daar na Venus gelanseer.
Inligting oor sonwind en kosmiese strale is op drie geleenthede suksesvol na die aarde gestuur. Sewe dae later is data nie op die geskeduleerde tyd gestuur nie. Op 19 en 20 Mei 1961 het Wenera 1 binne 100 000 km van Venus verybybeweeg en ’n heliosentriese wentelbaan binnegegaan.
Daar word geglo dat die instrumente ophou werk het omdat die tuig oorverhit het. Hoewel geen inligting oor Venus na die aarde gestuur is nie, was die Wenera 1 ’n belangrike mylpaal in ruimtetuig-ontwerp – dit was die eerste werklik moderne verkenningstuig en die eerste een wat midvlug-aanpassings kon maak.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Wenera 1. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |